Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
W’ton trots ná koninklike kuier

Wellingtonners wil uit hul nate bars van trots oor die plaaslike “koninklike” Marlene le Roux.

Dié menseregteaktivis het in 1985 aan die Bergrivier Sekondêre Skool gematrikuleer. Sy is tans die uitvoerende hoof van Kunstekaap en het 23, 24 en 25 September saam met die hertog en hertogin van Sussex – prins Harry en sy vrou, Meghan, asook hulle seuntjie, Archie – in die Wes-Kaap deurgebring.

Die Britse koninklikes het Suid-Afrika besoek om bande te versterk, maar toe sommer ook persoonlik ’n eerbewys van Koning Elizabeth II af aan Marlene oorhandig. Die koningin het Marlene verlede jaar met ’n Points of Light-toekenning vereer vir die werk wat sy op voetsoolvlak in Suid-Afrika doen.

Sy is ’n menseregteaktivis en sê sy fokus op alle vorme van menseregte, maar spesifiek op mense met gestremdhede, LGBTQ-regte en vroueregte. Sy is ook deel van pres. Cyril Ramaphosa se taakspan wat fokus op beleidmaking en die implementering van regte en wette aangaande mense met gestremdhede. Sy beywer haar ook spesifiek vir werksgeleenthede en beurse vir mense met gestremdhede.

Die hertog en hertogin het haar Points of Light-toekenning verlede week amptelik oorhandig. Dit was egter nie Marlene se eerste kennismaking met die Britse koninklikes nie. In 2015 het sy prins Harry ontmoet toe hy die Desmond and Leah Tutu Legacy-stigting, waarvan sy die voorsitter is, besoek het.

Harry en Meghan het met vanjaar se besoek ook die vier maande oue Archie aan emeritusaartsbiskop Desmond Tutu voorgestel.

Marlene sê Harry en Meghan “is wie hulle is. Daar is geen aanplakkery nie. Hierdie is ’n jong paartjie met ’n babatjie wat werklik ’n verskil wil maak,” vertel Marlene. Sy sê ook die twee bekendes het geduldig saam met lede van die gemeenskap wat hulle besoek het foto’s geneem. “Baie tannies wou saam met hulle foto’s neem, maar hulle het nie fone nie. Hulle het geduldig gewag dat ek fone by die jongmense gaan haal,” vertel sy.

Sy vertel ook Harry het homself knuppeldik aan koesisters in die Bo-Kaap geëet en het later aan Marlene gebieg dat hy eintlik te veel van die gebak geëet het. Meghan het veral van die samoesas gehou. “Hulle het by ’n tafel saam met almal gesit en het geen fiemies gehad nie. En hulle het gesels en gedans. Hierdie besoek was goed vir hulle en goed vir ons.”Residents of Wellington are beaming with pride after local heroine and human rights activist Marlene le Roux’s three days spent with the Duke and Duchess of Sussex, Prince Harry and his wife, Meghan, and their son, Archie. The pair visited South Africa to strengthen ties but also handed over an award to Marlene, from Queen Elizabeth II herself.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.