Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wynmaker sluit by prestige klub aan

Die Paarliet en Kaapse wynmeester Anton Swarts is in Augustus as die nuwe Commandeur du Vin van die Commanderie de Bordeaux ingelyf.

Die doel van die Commanderies, met net 82 “chapters” wêreldwyd, is om die tradisies van dié elegante stad en streek in Frankryk plaaslik na te boots, wynkennis te ruil en die beeld van Bordeaux in Suid-Afrika te bevorder.

Verskeie wynentoesiaste en professionele individue in die wynbedryf is deel van die prestige klubs waar hulle ontmoet om kennis en waardering oor die verskillende wyntipes in die Bordeaux-wynstreek te deel.

Anton is ’n senior wynmaker vir Spier-wynplaas. Hy het in 1999 daar begin werk nadat hy aan die Elsenburg-landbou-opleidingsinstituut studeer het.

“Dit is net lekker om saam met ’n klomp like-minded mense oor wyn te gesels. Bordeaux lê my na aan die hart,” het hy gesê. Swarts erken hy is nie vertroud met hoe die keuringsproses werk nie, maar sê hy is eers benoem en het toe lid geword.

Anton is ook ’n lid van Span SA, die amptelike Suid-Afrikaanse wynproe-span. Hy gaan in Oktober in Frankryk vir die derde keer aan die wêreld-blindproekampioenskap deelneem.

Nagenoeg 30 lande neem aan die kompetisie deel.

Anton se raad aan jong wyn-entoesiaste is: “Stel vas wat vir jou werk; wyn is so persoonlik,” sê hy. “As iets vir jou werk, dan werk dit vir jou,” sê hy en verduidelik dat hy niemand kan oordeel oor watter wyn hulle drink nie. “Ek kan ’n voorstel doen en sê probeer dié of probeer daai, maar ek kan niemand oordeel nie,” vertel hy.

Anton sê hoe meer ’n mens oor wyn leer, hoe meer besef jy hoe min jy eintlik weet.

Volgens Anton is die Bordeaux-streek in Frankryk bekend vir goeie gehalte wyn wat dit oplewer. “Die rooiwyne word gewoonlik versny uit ’n kombinasie van twee of meer individuele wyne wat uit cabernet sauvignon, merlot, cabernet franc, malbec en/of petit verdot bestaan terwyl die wit versnitte bestaan uit sauvignon blanc, semillon en/of muscadelle,” vertel hy.

Hy sê die verskillende soorte wyn verouder goed, maar bieg dat hy sy liefde vir verouderde wyn by sy vrou, Elria, geleer het. “Die oudste wyn wat ek al gedrink het, was ’n 1959-Riesling van Schloss Vollrads in die Rheingau distrik in Duitsland.”

Hy sê egter sy grootste passie en liefde lê by pinot noir en shiraz.

*Anton Swarts was nominated as a new member of the Commanderie de Bordeaux. There are 82 Commanderies worldwide and they serve to mimic the wine traditions of the French city in the South African wine culture.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.