Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wys jou mooiste foto van vallei

Die Drakenstein-munisipaliteit het die Erfenis-fotografiekompetisie in Augustus/September 2017 begin om Erfenisdag te vier, die Drakenstein-gemeenskap van sy erfenis bewus te maak en om inwoners – jonk en oud – die geleentheid te gee om visueel te kan illustreer wat hulle onder erfenis verstaan.

Die 2018 Erfenis-fotografiekompetisie se tema is: “Geskiedenis en tuisdorptrots.”

Dié kompetisie moedig inwoners aan om ’n bietjie te gaan stilstaan, om hulle te kyk en ’n erfenisplek, -gebou en/of

-monument wat herinneringe aan geskiedenis en tuisdorptrots bring, te oordink en vas te lê.

Om die spreekwoordelike “pouseknoppie” op ’n tydperk te druk deur ’n foto te neem, laat ’n mens toe om met nuwe oë na die wêreld te kyk en die geskiedenis, wat ’n mens so maklik kan vergeet, waar te neem.

Foto’s het die vermoë om stories van mense, plekke, ervarings en oomblikke in tyd te vertel.

Die 2018 Erfenis-fotografiekompetisie se besonderhede is op die webtuiste www.drakenstein.gov.za, sowel as by munisipale geboue beskikbaar.

Vanjaar se prysuitdeling-plegtigheid word op 6 September by die Wellington-museum gehou.

Die foto’s sal van 6 tot 30 September by dié museum uitgestal word.

Verlede jaar se wenners was:

Laerskool-kategorie:

. Eerste prys: Ben Heydenrych – Paarl Primêre Seunskool

. Tweede prys: Heinrich Lategan – Laerskool Drakenstein

. Derde prys: Lee Williams – Wellington Voorbereidingskool en Quade Small – Hugenote Primêre Skool

Hoërskoolkategorie:

. Eerste prys: Daniël Heydenrych – Hoër Jongenskool Paarl

. Tweede prys: Annecke Davis – New Orleans Sekondêre Skool

. Derde prys: Yashika Govender – New Orleans Sekondêre Skool

Amateurkategorie:

. Eerste prys: Gail Basson

. Tweede prys: Justin Abrahams

. Derde prys: Valerie Hamann

Die Drakenstein-munisipaliteit moedig inwoners aan om kreatiwiteit aan die dag te lê en foto’s van hul interpretasie van tuisdorptrots te neem en vir die kompetisie in te skryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.