Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
50 Jaar gelede

FORTUIN-VERTEL-MENSE Op aanbeveling van sy Werke-Beplanningkomitee, het die Paarlse stadsraad besluit om geen munisipale grond waar nie munisi­pale dienste verskaf word, aan, “besoekers” toe te staan nie. Dit is gedoen met die oog op die gereelde verskyning van sigeuners wat hulself as fortuinvertel­lers bestempel. Hulle maak van tyd tot tyd hul op­wagting in karavane. Dit het gevolg op ’n besoek van ’n groep sigeuners aan Paarl sowat tien weke gelede

Explosion in Drunk Driving Nearly every day some or other motorist is charged with driving under the influence of liquor. Some days there are three motorists and now and then four motorists facing such charges. Yesterday was a “record” when five motorists were charged with drunk driving.

Drie Dood in Swartnaweek Drie persone het as gevolg van ongelukke in Paarl gedurende die naweek beswyk. Sara Nobel, 16, Kleuringmeisie van Breyten­straat, Wellington is in die Paarlse Hospitaal oorlede nadat sy Saterdag op Wellington deur ’n motor om­ge­ry is. Marilyn Stemmet, 6, is saam met Sara No­bel omgery. ’n Kleuringvrou het uit ’n bus op die Groot-Drakenstein-weg verlede Sondag om 10-uur geval en is gisteroggend om 03.30 in die Paarlse hos­pitaal oorlede sonder dat sy haar bewussyn herwin het.

Family Has Narrow Escape A FAMILY of five had a miraculous escape from death at the week-end. They were Mr. and Mrs. J. A. Theron and their three children from a farm in the French Hoek district. As the family were returning home by car on Saturday evening, the car fell off a bridge and crashed into a river, on its hood. The river is a tributary of the Berg River.

Drie leerlinge blink uit Leerlinge van die Hoër Jongenskool het uitstekend presteer in die afgelope Senior Tweetaligheidseksamen van die Taalbond. Almal wat ingeskryf het, het onderskeidings in die Afrikanse Afdeling behaal. Drie leerlinge het egter besonder uitgeblink en ’n gemiddeld A-simbool behaal, asook ’n plek onder die eerste vyftig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.