Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Kilotreads vier met trots vanjaar sy 50ste bestaansjaar!

’n Halfeeu se diens aan die gemeenskap is ’n ongelooflike mylpaal en iets wat Kilotreads in die Paarl vanjaar met trots kan vier!

Hierdie onderneming is in 1966 deur Rodney Alexander en Gerrie Brandt in die Paarl begin, destyds met net 20 personeellede. Vandag werk ongeveer 100 mense by Kilotreads.

Kilotreads is in die ou Royal Baking Powder-fabriek in Jan van Riebeeckstraat geleë. Vir Paarliete is dit die eerste plek om by te gaan aanklop wanneer jy bande vir ligte motors, trokke en trekkers benodig, nuwe remme of ’n battery wil koop of jou wielsporing moet laat regstel.

Kilotreads het ’n goeie verhouding met hul boerekliënte, die vervoerbedryf asook die Paarl-gemeenskap.

“Dit is ’n familiebesigheid en hier in die Paarl is ons almal soos familie. Gemeenskapsdiens is vir ons uiters belangrik,” sê Hennie Smit, Kilotreads se takbestuurder, wat al 20 jaar hier werk.

Smit noem dat hulle by ouetehuise, verskeie skole en gemeenskapsprojekte betrokke is.

Hul doel is om ’n vooruitstrewende familiebesigheid te bly. Gerrie se seuns, Giepie en Marius Brandt, is albei daagliks betrokke by Kilotreads. Giepie is tans besturende direkteur en Marius is hoof van die bandversolingsafdeling.

Die rubber wat Kilotreads gebruik om hul bande te versool kom van Bandag Suid-Afrika, ’n wêreldleier in die verskaffing van rubber.

Kilotreads het ongeveer drie jaar gelede die Supa Quick-franchise bekom, wat nasionale blootstelling verseker. Buiten verskeie spesiale aanbiedinge is die opleiding wat Supa Quick aan personeel bied, ’n groot aanwins.

“Ons het ’n hoogs gemotiveerde en opgeleide span wat almal goed oor die weg kom. Almal is daagliks in ’n jolige bui en dit speel ’n groot rol in die diens wat ons aan die gemeenskap lewer,” sê Smit.

Kilotreads is weeksdae oop vanaf 07:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00. Hulle het egter ook ’n 24/7-nooddiens. Indien jy van hierdie diens gebruik wil maak, skakel 082 494 8604.

Vir navrae, skakel ook 021 872 1637.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.