Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Longworth & Faul vier 50 jaar!

Longworth & Faul het ’n trotse geskiedenis wat oor meer as 50 jaar strek.

Dié bou- en ingenieurskontrakteurs spesialiseer in die konstruksie van kommersiële en nywerheidsgeboue, opvoedkundige en tersiêre instellings, hospitale, mediese en sorgsentrums, residensiële ontwikkelings, kleinhandelsontwikkelings en wynkelders, regoor die Wes-Kaap.

In 1966 het Johan Louw die maatskappy begin vanaf sy huis in die Paarl. Vanaf hierdie nederige begin het die maatskappy gegroei en getransformeer tot vandag se ‘Longworth & Faul Building and Engineering Contractors’.

Ons eerste kantore was in Bergstraat, Paarl, terwyl ons huidige kantoor en bouperseel in Zuidmeerstraat geleë is. Dit is in 1975 gebou en is onlangs opgegradeer.

Ons eerste boukontrak was in 1966 vir die bou van die Skool vir Blindes op Worcester. Die Paarl-polisiestasie en hoof kantore teen die Bergrivier het gevolg in 1970. Sedertdien het ons oor die 50 jaar baie konstruksieprojekte reg oor die Wes-Kaap voltooi.

Ons kombineer ons uitgebreide kennis en kundigheid om kwaliteit konstruksieprojekte te lewer vir sowel die private as die openbare sektor. Met ’n reputasie van die lewering van kwaliteitwerk, binne tydsbestek en begroting, is ons trots op ons projekte wat die toets van die tyd sal deurstaan.

Die sukses van ’n projek is afhanklik van die mense wat by die projek betrokke is. Ons waardeer ons toegewyde personeel en werknemers en moedig hulle ontwikkeling en groei aan. Deur hulle toewyding en betrokkenheid is ons in staat om voort te gaan met die lewer van werk van die hoogste standaarde.

Ons 120 lojale personeellede en werknemers is ons grootste bate wat ’n ryk en gevarieerde kennisbasis daargestel het.

Die maatskappy is toegewy aan die opleiding en ontwikkeling van sy werknemers en het oor baie jare talle vakmanne, veiligheidsbeamptes, konstruksievoormanne, en meer opgelei.

Toegewyde personeellede soos Elfreda de Kock werk al 34 jaar vir die maatskappy, en John Hartnick is kort op haar hakke met 32 jaar diens. Elfreda, ons uitvoerende kantoorhoof, is die sentrale pilaar van ons toegewyde kantooradministrasiespan en het gesien hoe die maatskappy gegroei het van ’n nederige begin tot waar die maatskappy vandag is. John, ’n senior terreinagent, het die voltooiing van talle prestige projekte onder sy leiding oor 32 jaar by die maatskappy gesien.

Ons het baie prestige projekte oor die jare voltooi, van die Kaapstad Internasionale Lughawe se beheertoring, die Mediclinic Panorama hart­hospitaal, Vrede & Lust wynkelder, Mediclinic Stellenbosch, Golden Valley Casino Hotel, Del­aire Wynkelder, Restaurant en Hotel tot die Val De Vie Polo-dorp, om net ’n paar te noem.

Ons wil graag al ons lojale klante, professionele konsultante, verskaffers en spesialis-subkontrakteurs bedank vir hul getroue diens en ondersteuning.

Besoek www.longworthfaul.co.za vir meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.