Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Spaar só krag hierdie somer

Die somermaande is hier en in alle waarskynlikheid gaan ons kook.

Daar is talle maklike oplossings om af te koel dit plaas druk op die kragnetwerk. Daar is egter wel “energiedoeltreffende maniere” om koel te bly.

Spring dus in die swembad of onder die sproeier of span die kinders in die skoolvakansie in om jou koel te waai met ’n groot stuk papier!

Hier is ’n paar wenke om jou kragrekening hierdie somer laag te hou:

Maak soggens vroeg al die deure, vensters, blindings en gordyne toe om die huis so koel as moontlik te hou.

Maak saans jou hele huis oop om die huis te help afkoel.

Maak vensters toe as lugversorgers aan is.

Moenie leë vertrekke verkoel nie. Skakel lugversorgers slegs aan in vertrekke waarin mense is.

Stel jou termostaat so hoog as moontlik sodat jy steeds gemaklik is. Hoe kleiner die verskil tussen die buite- en binnetemperatuur, hoe minder krag sal jy gebruik. Eskom se voorstel is dat jy lugreëlaars in die somer op gemiddeld 23° C stel.

Laat jou lugreëlaar gereeld versien. Oorweeg dit om ou stelsels te vervang met nuwe, meer energiedoeltreffende stelsels.

Onthou om dakwaaiers af te skakel wanneer jy ’n vertrek verlaat.

Moenie lampe of TV-stelle, wat alles hitte afgee, naby die termostaat van jou lugversorger plaas nie.

Maak seker meubels of ander voorwerpe blokkeer nie die lugvloei van jou lugversorger nie.

“Stofsuig” of stof die lugversorger af om seker te maak geen stof bou op wat die vloei van lug kan belemmer nie.

Gebruik op warm dae eerder die mikrogolf as die oond – of braai buite.

Installeer energiedoeltreffende gloeilampe – dis koeler. Gewone gloeilampe gebruik net sowat 15% vir lig – die res is hitte.

Alle toestelle genereer hitte – van rekenaars en televisies tot die radio. Skakel dus toestelle af as jy hulle nie gebruik nie.

Stel jou waterverhitter deur die loop van die dag af en/of stel dit laer. Jy hoef dit net so uur voordat jy wil stort of skottelgoed was aan te skakel – die water bly lank warm.

Gebruik toestelle wat baie krag gebruik of hitte genereer soggens vroeg of saans laat. Dit sluit in tuimeldroërs en wasmasjiene.

Verseël alle krake en openinge by vensters of deure om te keer dat warm lug inkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.