Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Stout tand; Soet tand!?

Met klam palms en ’n hartklop vinniger as ’n resiesperd, betree hy die bedompige kamertjie waar daar ’n rookwolk aan die plafon hang van ’n sigaret wat lê en gloei in die asbakkie op die werksblad. Mnr. X berei homself voor vir die ekstraksie van sy onderste kiestand. Hy wil nie die tand met die aaklige “silwer-swart” materiaal op patch nie. As dit nie vir die knertsie brandewyn was nie, sou hy dit nooit oorleef het nie.

Lokale verdowing was nie toegedien nie en hy wonder steeds hoe hy die tandarts se skoenmerke van sy bors af gaan kry…

Dit is hierdie ou verhale wat mens laat besef hoe tandheelkunde deur die jare gevorder het en amper volwassenheid bereik het. Die sadistiese konnotasies en gruwelstories wat deur generasies oorgedra is, is aan die uitsterf. Ons hoef nie meer vir Boeta of Sussa met die “laaang-naalde en seeer-inspuitings” te dreig om na hulle tande om te sien nie.

Vandag glo ons in desensitisering. Ons verwelkom die jongspan vanaf 18 maande of ses maande na die erupsie van hul eerste melktandjie. Die doel van vroeë besoeke is om die kleuter gemaklik te laat voel in die tandarts se stoel, asook die geluide en gereedskap. Basiese borsel, flostegnieke en algemene mondhigiëne word bespreek. Die noodsaaklikheid van fluoried-behandelinge, nodige herstelwerk en dieetaanpassing (bv. vermindering van suiker, taai koolhidrate en sure) word bespreek. Die angsbevange pasiënte van die verlede is nou gemaklik en glimlaggend.

Dieselfde empatiese behandeling is ook toepaslik op ons kosbare pearly whites. Groot waarde word geheg aan konserwatiewe restoriese werk. Ekstraksies of onnodige verwydering van tandstruktuur word deeglik ondersoek en ’n behandelingsplan word opgestel. Hierdie plan kan tydens die sesmaandelikse besoek verander en hersien word.

Die sagte weefsel (bv. die tong, wange, tandvleis, ens.) word ondersoek, veral om die moontlikheid van mondkanker vroeg te diagnoseer .

Ons het onlangs vir ’n kalm mnr. X ’n spoggerige implantaat-kroon geplaas waar sy onderste kiestand 30 jaar gelede verwyder is. Hy kon toe hierna weer ’n lekker tjoppie op Braaidag geniet.

* Dr Frances Snyman (BChD)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.