Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Tuintake vir November

Nou is ’n goeie tyd om nuwe plante in jou tuin te plant.

Plant goeie maats om jou rose: Daar is baie plante wat goeie maats is vir rose en die hele jaar trefkrag in jou tuin sal verseker; party blom dieselfde tyd as rose, ander gee kleur in die groeimaande.

• Salie, laventel, geurmalvas, Santolina, kattekruid en lamsoor, wat vir hul loof eerder as hul blomme gekweek word, is ou gunstelinge.

• Achillea, Anchusa, pronkridderspore, Dianthus, irisse, ridderspore, lelies, skildblomme en Scabiosa sal kleur gee en kaal roosstamme wegsteek.

• Hooggroeiende plante soos kosmosse, gipskruid en Oenothera (Gaura) kan ook tussen rose geplant word.

In son en skaduwee: Kleur in jou tuin is altyd welkom, hetsy in bont beddings of as eenkleur-kolle

• Beddingsalie in room, salm, pienk, rooi, wynrooi, laventel en pers kan hitte, volson en halfskaduwee weerstaan. Ander goeie somerplante is Ageratum, maagdeblomme, heuningblommetjies, ysterkruid, Nicotiana, hanekamme en jakobregops. Of kies wit, pienk of rooi beddingbegonias.

• Krismisrose (Hydrangea macrophylla) hou van ligte skaduwee, terwyl eikeblaarhortensias (H. quercifolia) en gepluimde hortensias (H. paniculata) beter sal vaar in sonnige of baie warm tuine waar hulle net oggendson kry. Moderne Hydrangeakultivars is kleiner en kompakter, wat hulle ideaal maak vir houers of randakkers in ligte skaduwee.

• Kies impatiëns, akeleie, Bergenia, nieskruid, Torenia of varings vir skadukolle.

In potte

Potte vol plante is net die ding vir stoepe, ingange en buitekuierareas. Plant begonias, impatiëns, Torenia en josefskleed in houers op skaduryke plekke. Kies verskillende groottes en fatsoene as jy van ’n mengelmoes hou, en groepeer saam vir groter trefkrag.

• By die agterdeur kan jy potte vul met kappertjies, malvas en afrikaners, en sommer in dieselfde pot kruie soos basilie, tiemie, pietersielie, koljander en salie plant.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.