Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Vier jou erfenis met ’n braai

Saterdag is Erfenisdag en dan sal daar geen verskoning wees om nie ’n stuk vleis op die kole te gooi nie.

Ja, dit is weer Nasionale Braaidag, en tyd om die land aan die brand te braai.

Op 24 September sal Suid-Afri­kaners van alle ouderdomsgroepe, rasse, kort en lank, dik en dun, om dieselfde vuur kan sit om Erfenisdag te vier.

Braai4Heritage is ’n niewins­gewen­de organisasie wat alle Suid-Afrikaners met mekaar wil verbind deur middel van die braaivuur.

Jan Scanell, beter bekend as Jan Braai, het tien jaar gelede met hierdie konsep vorendag gekom.

“Braai is iets waarmee die meeste Suid-Afrikaners, ondanks hul ras, geloof of kultuur, hul mee kan vereenselwig. Kortliks, Suid-Afrikaners is passievol oor braai en dit is die perfekte manier om ons erfenis op Erfenisdag te vier.”

Die beskermheer van Nasionale Braaidag, sy edele die voormalige aartsbiskop, Desmund Tutu, het eens die volgende te sê gehad van Jan Braai se meesterskind:

“Wat Jan in gedagte gehad het met sy Braaidag-inisiatief, is om ’n algemene Suid-Afrikaanse kultuur, wat deur landgenote gedeel word, te omhels.

“Daar is sekerlik nie ’n enkele landsburger wat nie kan sê dat hy nie al ’n braai aanskou het nie. Selfs in afgeleë landelike gebiede word daar gebraai.

“As vleisliefhebber moedig ek dus my landgenote aan om op Erfenisdag die braaivure hoog te laat brand en om hul vleis te deel met diegene wat minderbevoorreg is.”

Vanjaar het Jan Braai se derde Nasionale Braaitoer ook kort voor Erfenisdag afgeskop.

Tydens hierdie toer, toer spanne saam deur gedeeltes van Suid-Afrika om die land se merkwaardige erfenis te beleef.

Dus is Erfenisdag die perfekte dag vir die hele land om hierdie passie uit te voer.

Uiteindelik is daar geen grense as dit by braai kom nie, ons doen dit almal. Dit is ’n ware viering van ons almal se erfenis.

Trek dus jou vriende, familie of wie ook al nader, en geniet ’n goeie ou braai om ons erfenis te vier.

Dit maak nie saak wát jy braai nie, maar braai, Baby, braai!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.