Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ontspan
Vier jou erfenis met pinotage steak

Nie net het ons pas Erfenis- en Nasionale Braaidag gevier nie, maar môre, 8 Oktober, is dit Nasionale Pinotagedag. En hierdie dag het rede om gevier te word, want pinotage is immers die wyndruifsoort wat hier gebore is en eg Suid-Afrikaans is.

Hier is dus een van Jan Braai se gunsteling-resepte wat ’n sappige T-been steak (glo die nasionale braaisnit) en Suid-Afrika se nasionale wyn kombineer.

Jy benodig:

1 sopie botter

1 ui (so fyngekap as wat jy kan)

1 huisie knoffel (fyngekap)

1 teelepel vars tiemie

1 sopie meel

2 koppies rooiwyn (pinotage is die beste)

1 koppie beesaftreksel

1 sopie suiker

1 teelepel balsamiese asyn

Varsgemaalde sout en swartpeper

So maak jy:

Vat jou gunsteling-braaihout en maak ’n reuse-vuur. Maak nou ’n lekker bottel Suid-Afrikaanse pinotage oop en skink vir jou ’n glas om te proe of die wyn goed genoeg vir die resep is. Sit ’n mediumgrootte vuurvaste pan of potjie op die vuur. Jy wil ’n redelike hoë hitte hê, maar dit moet nie skroeiend warm wees nie; so gebruik net ’n klompie van die brandende stompe onder die potjie en nie almal nie. Smelt die botter en braai die fyngekapte ui, knoffel en tiemieblare vir omtrent 5 minute totdat dit sag is en begin verbruin. Braai die ui eerste en voeg die knoffel omtrent 1 minuut voor die volgende stap by, want knoffel braai baie vinniger as uie. Voeg die meel by en roer deeglik, en voeg dan onmiddellik die pinotage, beesaftreksel, suiker en asyn by.Meng deeglik, kry aan die kook en laat dit op ’n hoë hitte borrel (stap 5), om die helfte van die vloeistof te laat weg kook. Roer gereeld. Terwyl die vloeistof weg kook behoort dit in ’n dikker, ryk sous te verander. Proe nou die sous en geur met sout en peper. Onthou, party tipes beesaftreksel is reeds taamlik souterig, so dalk het jy glad nie sout nodig nie. Wanneer jy tevrede is met die sous se tekstuur, haal dit van die vuur af. Terwyl jy wag vir die sous om in stap 5 weg te kook, braai die steaks oor baie hoë hitte vir omtrent 8 minute.Jy kan hulle voor die tyd sout of wanneer jy braai. Wanneer hulle op die rooster is, hoef jy hulle net een keer om te draai, met ander woorde braai hulle een keer aan elke kant. Wanneer jy T-been-steaks braai, probeer hulle só op die rooster rangskik dat die lendesnitgedeeltes na binne wys en die filette na buite.

Daar is gewoonlik meer hitte in die middel van jou hoop kole. Die lendesnit sal nie so gou gaar raak soos die filet nie en as jy hulle rangskik behoort dit die speelveld meer gelyk te maak.

Wanneer die steaks medium-rou is, haal hulle van die kole af en bedien met die pinotage-sous oor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.