Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Bou finansiële monumente

My ouers het tien jaar gelede Namibië toe verhuis om daar te gaan boer. Ek onthou die eerste keer wat ek op die plaas gekuier het, het die buurman vertel dat ’n boer “monumente” op sy plaas moet bou.

Die Namibiërs het ’n sêding dat niks so perma­nent is soos dit wat jy tydelik regmaak nie, bedoelende dat as iets breek of herstelwerk benodig, maak seker dat jy ’n “monument” oprig. Dit is veral relevant op ’n plaas, want enige kort­pad-herstelwerk is blywend. As jy nie die raad volg nie, kyk jy vir etlike jare in ’n skewe, ongeverfde windpomp of pale vas.

Graag wil ek die bogenoemde beginsel deurtrek na finansiële advies en ’n paar wenke verskaf van hoe om in die begin van die jaar te help om “monumente” te bou wat blywend mag wees. 1. Begroting – Stof weer jou begroting aan die begin van die jaar af. Maak tyd en doen ’n behoorlike jaarlikse begro­ting. Betrek die familie en maak hulle deel van die oefening. Vergelyk elke maand die werklike kostes met die begroting en bespreek dit met die familie. Maak sodoende seker dat rekenskap gegee word vir alle kostes.2. Testament – Hersien jou testament en maak seker dat jou testament nog relevant is. Die testament wat etlike jare gelede gedoen is, is moontlik nie meer relevant of ter spra­ke nie. Onthou ’n testament is een van die belangrikste dokumente wat opgestel word, want daarin word, onder meer, jou laaste wense uiteengesit.3. Hersien jou risiko-dekking – Gesels met ’n gekwalifiseerde finansiële adviseur en maak seker dat jou risiko-dekking korrek aangespreek word. Dit kan onder meer lewensdek­king, ongeskiktheidsdekking, inkomstebeskerming asook gevreesdesiekte-dekking wees. Niemand van ons is gevrywaar van enige van die boge­noemde risiko’s of weet wanneer enige van die soort risiko’s ons dalk mag tref nie. Goeie boedelbeplanning saam met die regte risiko-dekking kan dié risiko’s aanspreek en beperk.4. Aftreebeplanning – Hersien jou aftreeplan en indien jy nog nie ’n plan het nie, maak seker dat jy vir ’n aftreeplan beplan. Die groepsvoordele wat jy by die werk het, mag dalk nie voldoende wees vir aftrede nie. Daar kan ook finansiële doelwitte in die kort termyn wees vir byvoorbeeld die kinders se studies of deposito vir ’n huis, wat deur behoorlike beplanning bereik kan word.5. Verstaan die krag van saamge­stel­de rente – Ongeag watter onderliggende fonds of beleggingsmedium jy kies, is dit belangrik om gereeld te spaar en vroeg te begin. Saamgestelde rente het ’n kragtige uitwerking wat jou kan help om jou doelwitte te bereik en dit maak met verloop van tyd ’n werklike verskil.

Mag die bogenoemde wenke van waarde wees met die oprig van jou finansiële monument. • Redik du Toit is ’n welvaartadviseur by PSG Wealth. (PSG Wealth Financial Planning Pty. Ltd is ’n gemagtigde finansiële diensverskaffer. [FDV728])Vrywaring: Die inligting in hierdie artikel is algemene inligting en die voorbeelde is slegs ter illustrasie. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. Geaffilieerdes van die PSG Konsult Groep is gemagtigde finansiële diensverskaffers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.