Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Brandstofprys-ellende treiter Suid-Afrika

Suid-Afrika het die afgelope paar maande brandstof­prysstygings ervaar, met die huidige prys wat ’n rekord­hoogte bereik het.

Dit is egter nie die einde nie. Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds word Suid-Afrika op 1 Augustus deur ’n verdere brandstofprysverhoging in die gesig gestaar.

’n Aantal faktore dra by tot die groothandelprys van diesel, wat beide eksterne invloede, soos die internasionale ru-olieprys, wisselkoers (R/$), en internasionale vraag- en aanbodbalans vir petroleumprodukte, sowel as interne elemente soos huishou­delike vervoerkoste, belasting en heffings, insluit.

Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds kan die petrolprys in Augustus met 2,9 c per liter, diesel met 1.2 c en paraffien met 7,5 c per liter styg. Aan die begin van Julie het diesel met 26 c en 24 c per liter vir onderskeidelik die 0,05%- en 0,005%-swael gestyg.

Bykomende faktore vir hierdie komende brandstofprys­ver­hoging is hoofsaaklik die swak rand-/dollarwisselkoers en internasionale oliepryse – in ’n mindere mate. Die rand het egter die afgelope twee weke teruggeveg en vertoon sterker.

Indien hierdie tendens voortduur en die prys van ruolie in toom gehou word, kan die brandstofprysverhoging dalk nie so hoog wees as wat aanvanklik verwag is nie, of pryse kan selfs onveranderd bly.

Die basiese brandstofprys (BFP) van petrol, diesel en paraffien word daagliks bereken. Hierdie daagliks berekende BFP is hoër of laer as die BFP wat in die brandstofprysstruktuur weerspieël word. As die daaglikse BFP hoër is as die BFP in die brandstofpryse, word ’n eenheid onder herstel op daardie dag gerealiseer.

Wanneer die BFP laer is as die BFP in die prysstrukture, word ’n oorverhaling op daardie dag gerealiseer. ’n Onderherstel dui daarop dat brandstofverbruikers op daardie dag te min betaal vir die produk, terwyl ’n oor-herstel daarop dui dat verbruikers te veel betaal vir die produk op die dag. Hierdie berekeninge word daagliks gedoen – om ’n maandelikse gemiddelde te akkommodeer – in die brandstofprys-oorsigtydperk, waarvan die gemiddelde bereken word as die brandstofprys-oorsigperiode bereken word. Die gemiddelde bedrag sal die oor-/onder-herstel vir die volgende maand bepaal. Tydens ’n onderherstel, en as die koste van brandstof dieselfde bly, sal brandstof­verspreiders in Suid-Afrika hoofsaaklik teen ’n verlies werk. Om dit te voorkom, moet pryse styg.

Die omgekeerde geld vir ’n oor-herstel. Prysverhoging­kennis­gewings word die laaste Vrydag van elke maand uitgereik en tree in werking op die eerste Woensdag van elke maand.

Uitwerking van brandstofprysverhogings

Die mees algemene vorm van vervoer vir produkte in Suid-Afrika is per pad. Ongeveer 80% van graan word per pad vervoer. Oes van somergrane is nog aan die gang, die oes van wintergrane sal binne drie maande begin en somergraan­boere sal dan met grondvoor­bereiding begin. As ’n gevolg hiervan sal die vraag na brandstof binnekort hoog wees, veral vir diegene wat vooraf koop. As die huidige tendens van brandstofverhogings voortduur, sal die uitwerking van ’n brandstofprysverhoging wesenlike winsmarges vir die produsent verminder.

.Ikageng Maluleke is ’n junior ekonoom by Graan SA

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.