Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Die belangrikheid van buitelandse beleggings in jou portefeulje

Beleggers se finansiële portefeulje is die afgelope jaar aan die onstuimigheid van die Suid-Afrikaanse politiek en wisselvalligheid van internasionale markte blootgestel.

Beleggers krap kop oor hoe om hul portefeulje te beskerm teen faktore soos die verswakking van die rand, grond-onteiening sonder vergoeding, stygende petrolpryse, die handelsoorlog tussen Amerika en China oor invoertariewe en die uitwerking daarvan op die ekonomie.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie maak minder as 1% van die globale ekonomie uit. So 99% van die geleenthede vir groei en opbrengste is in die buiteland. As jy die markkapitalisasie van al die aandele op die JSE saamvoeg, kry jy kwalik meer as die markkapitalisasie van ’n enkele oorsese aandeel, byvoor­beeld Apple. As jy dus ’n strategie volg wat jou slegs aan Suid-Afrikaanse bates blootstel, sal jy die geleenthede wat die res van die wêreld se aandele bied, mis­loop.

Om ’n deel van jou finansiële portfolio in die buiteland te belê, is sinvol, want dit help om jou beleggings­risiko te diversifiseer. Die verspreiding van jou belegging oor verskeie lande, bateklasse, sektore en geldeenhede is ekstra beskerming vir jou algehele beleggingsportefeulje.

Al ry internasionale markte ook soms wipplank as gevolg van politieke reto­riek en rentekoersstygings, maak inter­nasionale beleggings steeds sin uit ’n diversifiseringsperspektief.

Beleggers trek voordeel uit inter­nasionale markprestasie, en blootstel­ling aan ander lande se geldeenhede deur hul buitelandse beleggings.

Enige natuurlike persoon wat ’n Suid-Afrikaanse burger is, mag jaarliks
R1 miljoen rand oorsee belê sonder ’n belastingsertifikaat sowel as R10 miljoen per jaar met ’n belastinguitklaring­sertifikaat en toestemming van die Reserwebank. ’n Man en vrou kan dus gesamentlik R20 miljoen per jaar oorsee belê. Regspersone kan gebruik maak van ’n bate-uitruiltransaksie sonder om ’n belastinguitklaringsertifikaat te bekom.

Een opsie om oorsee te belê, is deur plaaslike effektetrusts te koop wat dan weer belê in oorsese effektetrusts. Hierdie effektetrusts staan bekend as die sogenaamde feeder-fondse.

Jy belê in rand in hierdie aandeel-effektetrusts waarna maatskappye jou rande oorsee neem en dit in oorsese effektetrusts en geldeenhede belê.

’n Tweede opsie is om jou geld direk landuit te neem en direk in oorsese effektetrusts of aandele te belê.

Dit is altyd raadsaam om jou finansiële adviseur te kontak indien jy navrae het oor hoe om geld in die buiteland te belê.

Adri Hörstmann is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner in diens van PSG Konsult.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.