Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Geskenke vir almal die jaar

Die feestyd is ’n lekker tyd om saam met familie en vriende deur te bring.

Die groot probleem kom egter wanneer geskenke vir familielede moet gekoop word. Die span by PSG Wealth in Cecilia Square, het dit goed gedink om die taak om geskenke te koop ’n bietjie makliker te maak deur ’n paar voorstelle te maak oor watter aandele in familielede se Kerskous te plaas.

Vir Pa beteken Desember om langs die braaivleisvuur te staan met ’n yskoue bier. Anheuser Busch sal goed in sy Kerskous pas.

Dié maatskappy is die grootste bierbrouery in die wêreld en met handelsmerke soos Budweiser behoort die maatskappy in 2020 van krag tot krag te gaan.

Daar is net een persoon in beheer as dit by Kersinkopies kom en dis Ma. Vir haar is die Visa-kredietkaart baie belangrik. Visa is een van die wêreld se grootste betalingsplatforms. Dié maatskappy het ook nog sterk verdienstegroei en die vooruitsig lyk geweldig goed.

Ma raas gereeld met sus dat sy haar nuwe Apple iPhone moet neersit en tyd saam met die familie moet deurbring. Apple-aandele bly ’n goeie koop. Dié aandeel het uitstekend in 2019 presteer en Apple se nuwe reeks produkte hou groot belofte in.

Die deel van Apple wat ons veral opgewonde maak, is hulle nuwe Apple-televisiereeks en Airpods-reekse. Apple se naverkoopdiens­afdeling groei ook geweldig sterk.

Die jong man in die huis moet ongelukkig gedurende die vakansie ’n taak vir die skool klaarmaak en gebruik gereeld Google daarvoor. Alphabet Inc is die houermaatskappy waarin Google die voorpunt van tegnologie is en bly ’n goeie langtermynkoop.

Oupa is ’n goeie ondersteuner van British American Tobacco (BAT). Dié maatskappy bied vir Suid-Afrikaanse beleggers ’n goeie defensiewe opsie op die beurs asook uitstekende buite­landse blootstelling.

PSG Wealth voorsien egter dat jy jou BAT- blootstelling deur Reinet verkry. Saam met BAT bied Reinet ook blootstelling aan, onder andere die Britse pensioenfonds.

Ouma se medikasie word deur Roche vervaardig. Roche is die grootste farmaseutiese maatskappy ter wêreld en bied ook vir ons portefeulje belangrike Switserse blootstelling. Roche is bekend vir ’n sterk balansstaat en ’n indrukwekkende portefeulje van produkte.

Skoonma is die moeilikste een van almal om gelukkig te hou. Sy hou van bestendigheid en daarom stel PSG Wealth voor dat Berkshire Hathaway-aandele in haar Kerskous beland. Dié maatskappy het ’n indrukwekkende rekord wat voortspruit uit uitstekende bestuur deur een van die wêreld se grootste beleggingsghoeroes, Warren Buffet.

Berkshire sit tans met ’n groot hoeveelheid kontant wat strategies ingespan kan word om goeie geleenthede op te raap.

Dit is dus glad nie so moeilik om die familie gelukkig te hou hierdie feestyd nie!

Daar is ’n paar temas wat uitstaan in huidige keuses oor aandele – goeie buitelandse blootstelling, sterk bestuurspanne, defensiewe eienskappe en goeie verdienstegroei. Selfs skoonma sal gelukkig kan wees! • HW de Jager is ’n welvaartbestuur­der van PSG Wealth, Paarl.

PSG Wealth Financial Planning (Pty) LTD is gemagtigde finansiële diensverskaffers. FDV 728

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.