Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Inskrywings oop vir SA Suiwelkampioenskap

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap begin in Februarie.

Dié jaarlikse suiwelgebeurtenis, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, word gekenmerk as die grootste en oudste byeenkoms van sy soort in die land. Suiwelprodusente van heinde en ver word genooi om deel te neem.

Volgens die hoofbeoordelaar, Alan Fourie, is die uitsluitlike doel van die kampioenskap om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Die SA Suiwelkampioenskap is een van die enigste kompetisies ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik en het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet,” sê Fourie.

Die kampioenskap is verdeel in meer as 100 klasse waaruit kaas, jogurt, melk en ander produkte beoordeel sal word. Die wenners in die onderskeie klasse word as SA kampioen bekroon.

Deelnemers ding mee om die gerekende titels van SA Kampioen en die Qualité-merk van gehalte.

Enige suiwelprodusent wie se produkte in die handel beskikbaar is, kan inskryf. Aanlyn-inskrywings is reeds oop en kan ingedien word op die webwerf www.cheesesa.co.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag 6 Februarie.

Die beoordeling van produkte vind Donderdag 27 Februarie plaas. Die produk van die jaar sal Vrydag 27 Maart aangewys word by die glansryke Agri-Expo se Qualité-dinee by die GrandWest in Kaapstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.