Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Kollig val op SA se jongwynsterre

Talle Paarlse wynprodusente het verlede week asem opgehou terwyl hul jongwyne in die Paarl onder die vergrootglas gekom het.

Dié geleentheid was die proe van al­tesaam 1 680 jongwyne wat vir die 2018 SA Jongwynskou ingeskryf is.

Hierdie wyne ding mee om goue me­daljes en trofeë by die beoordeling by die Nederburg-veilingkompleks in die Paarl.

Die SA Jongwynskou, nou in sy 186 ste jaar, is een van die oudste wyn­kompetisies ter wêreld en dateer terug tot 1833. Die wyne ding mee vir 17 prag­trofeë in verskeie klasse, met slegs een inskrywing wat bekroon sal word as die algehele jongwynkampioen van die jaar en wat die gesogte Generaal Smuts-trofee sal ontvang.

Die Pietman Hugo-trofee sal toegeken word aan die kelder wat die hoogste totale punte kry vir inskrywings in vyf kategorieë. Daar is 16 panele en ’n totaal van meer as 130 beoordelaars wat die wenwyne sal proe.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die shiraz-klas die meeste inskry­wings ontvang (152), gevolg deur chenin blanc (149), enige rooi kultivarversnit (143), cabernet sauvignon (129) en sauvignon blanc (126).

Altesaam 17 SA Jongwyn-trofeë is op die spel vir chenin blanc, sauvignon blanc, chardonnay, sémillon, ander witkultivars, droë wit-versnitte, effe-droë witwyne en edel laatoes. In die klasse vir rooiwyne word trofeë toegeken vir die beste pinotage, shiraz, cabernet sauvignon, merlot, ander rooi kultivars en droë rooiversnitte. Versterkte wynklasse sluit trofeë in vir uitnemende port, dessertwyn en muskadel.

Die oesjaar van 2018 word beskou as een van die mees uitdagende vir wyn­makers en wingerdboukundiges in meer as 30 jaar, weens die ernstige droogte in die wynbougebiede van Suid-Afrika. Die voorsitter van die Jongwynskou, Christo Pienaar, het gesê daar heers ’n gees van afwagting en opwinding in die bedryf om die uitslae te sien van ’n moeilike oesjaar wat ook die belofte van baie goeie gehaltewyne inhou.

Die Jongwynskou vervul ’n belangrike rol met die opleiding van jong wynproe­wers vir wynontleding. Benewens die sewe hoogsgekwalifiseerde beoordelaars in elke kategorie, word ’n agtste opleidingsbeoordelaar by elke paneel ingesluit. Die junior beoordelaars se puntetoekennings word nie bygereken in die finale punte nie. “Ons berei ’n toekomstige geslag van wynbeoordelaars voor vir hierdie kompetisie, sowel as vir die wynbedryf as geheel,” het Bennie Howard, ondervoorsitter van die skou, gesê.

. Die wenners sal by die 2018 SA Jongwynskou-galadinee aangekondig word. Dié dinee word deur Agri-Expo in die historiese Stellenbosch-stadsaal op Saterdag 25 Augustus aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.