Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
‘Meer swart boere is nodig’

Agri SA het kennis geneem van die president se onlangse aankondiging dat die ANC beoog om die Grondwet ten opsigte van grond te wysig.

“Ons is betrokke by konsultasie waar Suid-Afrikaners aan ’n hersienings­proses deelneem – ons het as’t ware tyd opsy gesit om aan hierdie proses deel te neem – en daarom ondermyn hierdie aankondiging deur die regerende party die proses wat onderweg is,” sê Dan Kriek, president van Agri SA.

“Suid-Afrika het meer swart boere en plase in swart besit nodig. Selfs die ergste scenario – onteiening sonder vergoeding – mag goed wees vir verkiesingsdoeleindes, maar dit sal nie meer swart boere daarstel nie,” aldus Kriek.

Volgens hom is die begrippe “onteiening sonder vergoeding” en “ekonomiese groei” lynreg in teenstelling met mekaar. Dit het nêrens in die wêreld in enige vorm of formaat gewerk nie.

“Landbouhervorming kan slegs suksesvol geskied deur saam en in vennootskap met die private sektor te werk,” sê Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA.

“Ons het gesien hoe hierdie scenario elders in die wêreld afspeel – Venezuela, Rusland – die beloftes om opkomende boere van implemente, kunsmis, saad en voorligtingsdienste te voorsien word dikwels gebruik as bloot verkiesing­slenters, terwyl die uitkoms altyd katastrofies vir die landbou en voedselsekerheid is,” sê Van Zyl.

Kriek beskryf dit as onverant­woordelike verkiesingspropaganda. Hy maan leiers in ons land om meer waaksaam en verantwoordelik op te tree wanneer die toekoms van die ekonomie en werkskepping vir alle Suid-Afrikaners op die spel is.

“Ons is ’n volwaardige en aktiewe deelnemer aan die opkomende ANC- beraad oor werkgeleenthede – hierdie posisie sal ons beslis nie aanmoedig om te belê in die sektor met die oog op werkskepping nie.

“Hierdie is ’n populistiese skuif deur die ANC wat sal lei tot ’n ekonomiese afgradering – massiewe kapitaaluitvloei met gepaardgaande ondermyning van alle eiendom- en intellektuele eiendomsklasse,” aldus Van Zyl.

“Dit sal ook ’n dramatiese impak op kommersiële, residensiële en eiendomsbelegging hê,” sê Van Zyl.

Kriek het duidelik uitgespel hierdie is ’n onverantwoordelike skuif deur die ANC.

Hy sê dat indien die party werklik werkskepping en armoedeverligting wil aanpak, Agri SA gewillig is om daaroor te praat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.