Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Nuwe begin vir ou familiesaak

Die stigters van die gebak-fabriek Nibbly Bits is besig om ’n nuwe fabriek in die Paarl in te rig.

Die nuwe fabriek is in Eilandstraat in Bella Vista.

André Haasbroek, hoofbestuurder van In2Food, verduidelik Nibbly Bits was ’n familiesaak, maar is sowat twee jaar gelede aan dié maatskappy verkoop. In2Food het Nibbly Bits die geldinspuiting gegee sodat die fabriek van Wellington af Paarl toe kon skuif. In2Food verskaf produkte aan Nibbly Bits en hul grootste kliënt is die nasionale kettingwinkel Woolworths.

Die Paarl-fabriek sal hoofsaaklik gebakte peuselhappies soos beskuit, koekies en koeksisters vervaardig soos wat hy tans in Wellington doen.

“Die nuwe fabriek bied ons 40% meer kapasiteit. Die vorige fabriek [in Oude Pontweg in Wellington se nywerheidsgebied] het te klein geraak,” het André vertel.

Die Paarl-fabriek sal in Desember met kleinskaalse produksie begin, maar sal in Januarie aanstaande jaar aansienlik meer begin produseer. André sê wanneer die fabriek ingerig is, sal hulle ongeveer 12 000 pakkies beskuit per dag kan vervaardig.

“Dit vat lank om een fabriek na die volgende te skuif,” het hy gesê.

Nog werknemers sal nie dadelik aangestel word nie, maar André verduidelik namate die fabriek uitbrei en meer produksielyne geïnstalleer word, sal werksgeleenthede vir Paarliete beskikbaar gestel word, hoewel die aantal werksgeleenthede nie bereken kan word nie. Hy sê baie van die huidige werknemers is Paarl-inwoners, wat vervoer aansienlik goedkoper sal maak.

André meen ook dat In2Food se maatskaplike verantwoordelikheid vir hulle baie belangrik is. Die bestuurspan van die fabriek help met ’n “swop-shop” in Mbekweni. Dié informele ruilwinkel is ’n vragskeephouer met verskeie noodsaaklike en ontspanningsprodukte. Mense kan vullis optel en na die winkel bring waar dit geweeg word en hulle met ’n koepon waarmee hulle iets kan koop, vergoed word. In2Food werk ook saam met die nie-winsgewende organisasie Norsa.

“As jy deel is van die gemeenskap moet jy bedra,” het André gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.