Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Nuwe gesig vir ou statige dame

Die afgelope vyf jaar het die Paarl ’n baie bestendige en gesonde groei in die eiendoms­ontwik­kelingsmark getoon. In vergelyking met die buurdorpe het die Paarl die dorp geword met die reputasie van baie goeie waarde vir geld.

Dit is nie net ’n wêreldwye neiging nie, maar ook landwyd om ou woonstelle in die middedorp op te knap vir ’n ontluikende en veral jonger mark. Hierdie dra dan ook by tot die algehele vernuwing van die hartklop van ’n stad of dorp.

Die ou verwaarloosde Sassa-gebou in die Paarl gaan ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan.Foto:

En in die Paarl is daar perfekte geleentheid hiervoor.

’n Nederlandse belegger het onlangs die ou Sassa-gebou op die hoek van Nuwe- en Derksenstraat in sentraal-Paarl gekoop – juis met die oog daarop om hierdie drie-verdieping-­gebou in ’n woonstel­kompleks te ontwikkel met die naam Gordon Square (hernoem na een van die drie reuse­granietrotse van die Paarlberg).

Die ontwikkelaar, Leon Brugman, direkteur van Bouwen Eiendom en Kon­struksie, sê hul visie met hierdie nuwe ontwikkeling is deel van die vernuwing en herontwikkeling van die Paarl-middedorp en hulle hoop dat nog, veral met die hulp van internasionale beleg­gers, die geleentheid sal raaksien wat die pragtige Paarl kan bied.

Lady Greystraat is juis besig met opwindende nuwe projekte – een hiervan is die ou Woolworths-gebou wat tans herontwikkel word in ’n mini-winkelsentrum, waarna Wamakersvallei-sentrum ook herontwikkel sal word met sleutelondernemings wat hulself in die hartjie van die Paarl kom vestig.

Gordon Square sal bestaan uit 40 woonstelle tussen 33 m² en 70 m² – kopers sal kan kies uit studio-, ’n eenslaapkamer­woonstel, ’n tweeslaapkamer- en dan ’n groot tweeslaap­kamer­woonstel met twee parkeerplekke. Pryse sal begin by R550 000 en die ontwik­keling sal ’n jaar neem voor jy kan intrek.

Groot name in die wêreld van eiendomsontwikkeling soos BetterBond, FRAME Consulting Engineers, FRAME Energy, ModH Design Architecture en Van der Spuy en vennote Prokureurs sal by die projek betrokke wees.

Gordon Square sal aan die nodige veiligheidstandaarde voldoen en sal ook ’n goeie leefstylontwikkeling wees wat met hoogstaande afwerking en ook wifi. FRAME Energy sal ‘n pasgemaakte sentrale verhittingstelsel bou, spesifiek vir Gordon Square, wat koste-effektief sal wees vir die belegger.

Gordon Square, 'n nuwe ontwikkeling vir Paarl-midd
Remax Oaktree Paarl is die agente vir Gordon Square.

Paarl se Oaktree RE/MAX sal vir die bemarking verantwoor­delik wees, met meer as 20 jaar se ervaring in die eiendoms­bedryf in en om die Paarl.

Leon het gesê hulle het reeds geweldige belangstelling in die ontwikkeling.

“Ons is baie opgewonde oor die algehele produkaanbieding van Gordon Square. Dit is geleë binne ’n lieflike gebied en beloof om ’n baie goeie bate en belegging wees.

“Uit ervaring verwag ons om hoofsaaklik beleggers te lok, maar glo ook dat daar belegger-inwoners sal wees. Beleggers sal na hierdie produk kyk as ’n produk waar hulle binne drie jaar gelyk kan breek met ’n deposito van slegs 5% en dit sal meer werd wees ná huurinflasie as kapitaalgroei in hierdie spesifieke mark.”

Moontlike huurinkomste word as volg bepaal: Studio R490 000 (R4 800 pm); Eenslaapkamer R550 000-R635 000 (R5 800pm); Tweeslaapkamer R770 000-R835 000 (R7 200pm); Groot tweeslaapkamer met twee parkeerplekke R980 000 (R7 500pm).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.