Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Petrolprys kan daal

Terwyl verbruikers steeds probeer asem skep ná die finansiële verlammende effekte van die feestyd en dus ’n baie lang Januarie, is daar darem nou ’n klein bietjie lig aan die einde van die tonnel met die nuus dat petrol- en dieselpryse in Februarie met onderskeidelik 16c en 9c per liter kan daal.

Dit is as die huidige oorverhaling op brandstofpryse vir die res van die week volgehou kan word.

Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds is gemiddeld 13c per liter petrol sedert 27 Desember oorverhaal. Die oorverhaling het Maandag (27 Januarie) op 43c per liter gestaan, wat beteken as dié syfer tot vandag dieselfde bly, die gemiddelde oorverhaling vir die hele oorsigtydperk van 27 Desember tot 30 Januarie op byna 17c staan.

Dit is die bedrag wat die departement van energie gebruik om te bepaal met hoeveel kleinhandel-petrolpryse op die eerste Woensdag in Februarie aangepas – in hierdie geval verlaag – kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.