Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Potjiekoskenners het nou geleentheid om slag te wys

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer plaaslike sakeondernemings genooi word om hul potte af te stof en as deel van ’n lekker spanbou-samesyn, asook ’n heerlike bemar­kings­geleentheid, deel te neem aan die jaarlikse potjiekoskompetisie van die Drakenstein-sakekamer.

Vanjaar se kompetisie vind Vrydag 6 Maart op die Voortrekker-terrein plaas wat in Kloofstraat, Paarl, geleë is. Die kompetisie begin om 15:00.

Oudergewoonte sal daar vier kategorieë wees om voor in te skryf: pasta, rooivleis, hoender en seekos.

Daar sal ook vele vermaak vir die hele gesin wees. ’n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

Nooi jou vriende om dié aand saam met die sakekamer te geniet en daag ander ondernemings uit om ook potjies te maak.

Elke span en hul aanhangers moet hul eie toerusting soos kampstoele, drinkgoed, messegoed ens. saambring

Die sakekamer vra ook vir enige skenkings vir pryse.

Inskrywings kos R500 per span vir lede en R600 vir nie-lede.

Vir inskrywings en verdere inligting skakel Francis Niewoudt by 084 404 8995/info@drakensteinsakekamer.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.