Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Simonsberg en Paarl wen trofeë

Die Kaapse wynland se vele terreine wat puik wyne skep, is by die 13de jaarlikse Novare SA Terroir-wynprysuitdeling duidelik na vore gebring. Die 23 nasionale wenners van kultivarwyne, versnitwyne en wynstyle kom uit 14 wynterreine reg oor dié wynland.

Die Simonsig-Paarl-wyk het vanjaar vier nasionale wenners van vier verskillende nabygeleë wynkelders opgelewer: die Glen Carlou Chardonnay 2017, Anura Malbec 2016, Babylonstoren Viognier 2017 en Mitre’s Edge Petit Verdot 2015. Hierdie prestasies het aan die Simonsberg-Paarl-wyk die Novare-trofee vir SA Terroir-topterrein besorg.

’n Kelder in Wellington het die nasionale wenner vir vonkelwyn opgelewer, die Linton Park MCC Brut, terwyl Vrede en Lust in die Paarl ook ’n nasionale wenner ingeskryf het met sy Early Mist Riesling 2017, waarvan die druiwe uit die Elgin-distrik kom.

Die toppresteerder is Groot Constantia-landgoed wat die nasionale wenners vir die port-styl en natuurlike soetwyn opgelewer het, onderskeidelik die Groot Constantia Cape Ruby 2016 en Groot Constantia Grand Constance 2015. Dié landgoed in die Constantia-wyk het ook ses ander wyne opgelewer wat hoë punte behaal het. Groot Constantia is bekroon met die Novare-trofee vir Suid-Afrika se topwynlandgoed en top-terroir-produsent.

Nog ’n landgoed wat puik presteer het, is Jordan in die Stellenboschkloof-omgewing, met een nasionale wenner en twee van Suid-Afrika se topvyf-landgoedwyne. Die nasionale wenner van Merlot is die Jordan Black Magic Merlot 2015 en twee van die topvyf-landgoedwyne is die Jordan Inspector Péringuey Chenin Blanc 2016 en Nine Yards Chardonnay 2016.

Die ander drie topvyf-landgoedwyne is die Alto Cabernet Sauvignon 2014, Bon Courage Noble Late Harvest 2016 en Springfontein Limestone Rocks Gadda da Vida 2014.

Die Novare-trofee vir Suid-Afrika se top-enkelwingerdwyn is toegeken aan ’n Pinotage uit die Breedekloof, die Flagstone Writer’s Block Pinotage 2016. Dieselfde wyn was ook die nasionale wenner van Pinotage. Nog ’n wyn uit Breedekloof is aangewys as die nasionale wenner van Chenin blanc, die Slanghoek Legends Barrel Fermented Chenin Blanc 2016.

Vanjaar se beoordelaars was Kris Snyman, Jeff Grier, Jolette Steyn, David Biggs, Sandile Mkhwanazi, Elize Coetzee en Karen Glanfield.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.