Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Skryf nou in vir vanjaar se gesogte Veritas-eerbewyse

Inskrywings vir vanjaar se Veritas-eerbewyse sluit binnekort.

Produsente wat hul uitsoekwyne en
-brandewyne met die gesogte Veritas-embleem van uitnemendheid wil bekroon, het tot 15 Augustus om in te skryf.

Laat inskrywings sal tot 24 Augustus aanvaar word.

Die Veritas-eerbewyse is Suid-Afrika se voorste wynkompetisie en word sedert 1991 deur die SA wynbedryf aangebied. Wynkenners en -liefhebbers sien elke jaar daarna uit om Suid-Afrika se heel beste wyne te ontdek aangesien die Veritas-eerbewys as ’n waarmerk van gehalte beskou word.

Deelnemers het verlede jaar se verandering deur die raad van Veritas – dat die beskikbaarheid van slegs 50 kiste (300 bottels; 6 x 750 ml) van elke wenwyn ná afloop van die kompetisie voortaan sal geld in plaas van die 200 kiste soos voorheen – verwelkom.

Meer as 90 internasionale en plaaslike wynkenners sal van 17 tot 21 September by die Nederburg-veilingkompleks in die Paarl vergader om al die inskrywings in diepte te beoordeel. Beoordelaars word sorgvuldig uit ’n breë spektrum kenners uit die bedryf gekies en sluit wynmakers, wingerdboukundiges, brandewynmeesters, Kaapse wynmeesters, joernaliste, akademici, navorsers en handelaars in.

Die wenwyne en -brandewyne sal Saterdag 6 Oktober in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum bekend gemaak word.

Dubbelgoud- en gouemedaljewenners het die geleentheid om hul wenwyne en brandewyne in Oktober en November by landswye openbare proesessies in Kaapstad, Johannesburg, Durban, Port Elizabeth en Knysna bekend te stel.

Inskrywingsvorms is aanlyn by www.veritas.co.za beskikbaar.

Belangstellendes kan die Veritas-kantoor by 021 863 1599 of per e-pos by info@veritas.co.za kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.