Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Vallei se sakevroue ingelig oor sosiale bemarking

Ter viering van vroue maand word alle sakevroue van die vallei uitgenooi om deel te wees van ’n praatjie wat sal fokus op die bemarking van hul ondernemings op die verskeie sosiale digitale platforms.

Die byeenkoms is ook daarop gemik om hierdie vroue te bemagtig met kennis rakende die voordele en gevare van sosiale bemarking en ook hoe hulle hul ondernemings teen kubergevare kan beskerm.

Sprekers by die geleentheid is die sosialemediakonsultant Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications en die bemarkingsbestuurder Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield.

Hierdie sakebyeenkoms word Dinsdag 4 September om 10:00 by die Boschenmeer-bistro gehou en is gratis. Besprekings moet egter teen 31 Augustus by jan-hendrik@csinteractivetraining.com gedoen word aangesien sitplekke beperk is.

Verversings sal beskikbaar wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.