Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Vititec kry nuwe hoof

André van Wyk is op 1 Januarie as die nuwe uitvoerende hoof by Vititec aan­gestel.

Vititec is die toon­aangewende verskaffer van wingerd- en tafeldruifplantmateriaal aan die Suid-Afri­kaanse wynbedryf.

André was die afgelope vier jaar produksiebestuurder van die vrugteverpakkingsafdeling by Du Toit Vrugte. Hy was ook voorheen by die Suid-Afrikaanse Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryfsliggaam (Sati) as bestuurder van marktoegang en tegniese ondersteuning betrokke en diens­bestuurder vir die raad van toesig op die uitvoer van bederfbare produkte (PPECB).

André neem op 1 Maart amptelik die leisels by Nico Spreeth oor wat einde Februarie as Vititec se uitvoe­rende hoof uittree.

“Ek sien daarna uit om met die Vititec-span saam te werk en om selfs nog meer waarde tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf toe te voeg deur die maatskappy se hoogstaande plantmateriaal en dienslewering,” sê André.

“Moeilike tye, soos wat die wyn- en landboubedryf die afgelope paar jaar beleef het, is ’n katalisator vir nuwe uitvindsels en nuwe gefokusde denke – wat ek glo die bedryf selfs sterker sal maak.”

Vititec is ’n filiaal van die wynbe­dryfliggaam Vinpro en in die Paarl gebaseer, met persele in Vredendal en Grondves buite Stellenbosch en ses kwekerypersele in die Clanwilliam- en Piketberg-omgewing.

Die maatskappy fokus nie net op die virusreiniging van wingerdplant­mate­riaal nie, maar ook op die ontwikkeling, vermeerdering en voorsiening van die geselekteerde wingerd- en wynkundige plantmateriaal aan die bedryf in die vorm van geënte wingerdstokke en wingerdplant­materiaal geskik vir enting.

Die maatskappy voorsien meer as 95% van die bostokplantmateriaal en nage­noeg 50% van die onderstokplant­materiaal aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.