Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Waardevolle vennootskap vir wynbedryf gesluit

Die Michelangelo International Wine and Spirits Competition het Donderdag 12 Julie ’n opwindende aankondiging gemaak. Michelangelo het nou met Checkers-kleinhandelgroep in vennootskap getree om die wyn van die jaarlikse wenners meer toeganklik vir verbruikers te maak.

“Elke jaar ná die toekennings kry ons baie navrae oor die wenners en waar verbruikers hul wyn kan koop,” het die uitvoerende hoof en stigter van Michelangelo, Lorraine Immelman, gesê.

Sy sê die hoofdoel van die toekennings is om waarde aan die wynbedryf toe te voeg en sy glo tegnologie speel ’n belangrike rol. Sy vertel dat die plakkers wat op die wenners se wynbottels geplak word nóú ’n Quick Response (QR)-kode sal hê.

’n QR-kode is ’n blokkie wat uit kleiner wit en swart blokkies bestaan. Die verbruiker skandeer die blokkie met ’n slimfoon en dit lei hom dan na meer inligting oor ’n onderwerp.

In dié geval kan verbruikers wyn met ’n Michelangelo-toekenningsplakker op hul naaste Checkers se rak kies, die QR-kode skandeer en meer inligting oor die wyn kry.

“Ons beoog om met ons toekennings meer waarde aan die wyn toe te voeg, meer waarde vir die verbruiker te bied en meer waarde aan wynproduseerders te bied,” het Immelman gesê.

Sy sê die wyn sal teen beter pryse te koop wees.

Die kompetisie is vir die eerste keer in 1997 in Johannesburg gehou met sowat 146 inskrywings.

Hierdie jaar word sowat 2 000 inskrywings verwag en Immelman sê dit is plaaslike en internasionale wyne.

“Die kompetisie in die bedryf is straf met omtrent 8 000 handelsmerke tans in Suid-Afrika,” sê Immelman en verduidelik net een derde van die inskrywings ontvang wel toekennings.

Die rang van pryse is platinum, dubbelgoud, goud en silwer. Dié jaar se prysuitdeling sal 29 September plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.