Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Wat is sakekamer se rol in die plaaslike ekonomie?

Wie is hulle?

Die Drakenstein-sakekamer gaan oor besigheid – jou besigheid. Dis ’n vrywilliger, burgerlike organisasie deur ’n assosiasie van:

• Entrepreneurs

• Klein en medium sakeondernemings

• Verskeie professies en geregistreerde beroepe

• Die beskermhere van nywerhede en groot maatskappye

• Akademiese instansies

Wat doen die sakekamer vir lede?

Die Drakenstein-sakekamer bly verbind om plaaslike ekonomiese groei-inisiatiewe te ondersteun en sal voortgaan om positief met die plaaslike munisipaliteit te skakel oor sake van gemeenskaplike belang. “Ons vermeld graag die munisipaliteit vir die verskeie pryse wat hy in 2019 gewen het vir onder meer vernuwings met waterbestuur en elektrisiteit asook die soveelste skoon oudit wat hy van die ouditeur-generaal vir 2018-’19 ontvang het,” sê Dirk Breytenbach, die voorsitter.

Breytenbach sê die sakekamer sal volhou om sy visie uit te leef om sy bestaande waardetoevoegende sakenetwerk uit te bou en verwante sake-inligting aan lede beskikbaar te stel om sterker ondernemings te help bou. Lede sal daadwerklik in aanraking met nuwe voornemende kliënte gebring word om plaaslike ekonomiese groei te bewerkstellig. Die identifisering en deel van nuwe tegnologie en sake-oplossings om ondernemings meer mededingend en winsgewend te maak, bly ’n topprioriteit.

“Ons streef daarna om erken te word as ’n organisasie van beïnvloeders en ontwrigters vir positiewe uitkomste.”

Om resultaat- en diens-uitnemendheid aan te moedig, stel die sakekamer databanke op verskeie platforms vir beste praktyke aan lede beskikbaar vir:

• Hulp en advies met die stigting en uitbreiding van nuwe ondernemings deur opleiding, inligting oor finansieringsopsies in die bedryf, mentorskap, opleidingsprogramme, navorsing en verspreiding van inligting oor nuwe produkte en tegnologie asook in- en uitvoerdienste.

• Die versekering dat lede se ondernemings op hoogte van ontwikkelinge op die gebied van digitalisering en outomatisasie bly.

• Ondersteuning van inisiatiewe vir plaaslike ekonomiese geleenthede.

• Aanbieding van hoëgehalte- waardetoevoegende netwerkgeleenthede gemik op ekonomiese groei en uitbreiding van kennis.

Algemeen

Ondanks uitdagings met lede se winsgewendheid het die ledekorps bestendig gegroei wat dui op vertroue in die sakekamer se pogings om sy lede van diens te wees.

Doelgerigte interaksie met plaaslike en Europese sakekamergroeperings die afgelope jaar verseker dat die sakekamer relevant bly en voortdurend aanpas by die veranderende wêreldekonomie en sakekamer- beste praktyke.

2020

Die bestuursraad werk hard om opwindende planne saam te stel vir ’n geskikte korporatiewe tuiste vir ’n sakekamer-kantoor en sal dit by die volgende jaarvergadering vir goedkeuring bespreek.

Die Drakenstein-sakekamer se bestuursraad wens al sy lede ’n voorspoedige en winsgewende 2020 toe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.