Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Wie ontvang vanjaar se gesogte 1659-erepenning?

Die toekenning van die gesogte 1659-erepenning aan ’n wynikoon is elke jaar ’n besonderse hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse wynkalender.

Die Wynoesherdenking is ’n glansgeleentheid wat vanjaar Donderdag 6 Februarie op Groot Constantia-landgoed, die oudste wynproduserende landgoed in Suid-Afrika, plaasvind.

Die prestige 1659-toekenning word reeds sedert 1974 aan persone toegeken wat diep spore in die wynbedryf getrap het en dus ook as ambassadeurs vir die bedryf dien. Vorige ontvangers van die 1659-erepenning is onder andere prof. Piet Goussard, die Onbesonge Wynwerkers, Charles Back, Danie de Wet, Norma Ratcliffe, Jan Scannell, Dave Hughes, Spatz Sperling, Lourens Jonker en Nelson Mandela. Die kriteria is dat die persoon of instansie wat vereer word, ’n wesenlike en positiewe bydrae tot die wynbedryf gelewer het. Die bydrae moet ’n blywende impak hê, aanduidings toon van ’n besonderse nalatenskap, mense se denke en/of lewens verander het, en ander in die bedryf aanmoedig en inspireer.

Wynliefhebbers kan uitsien na ’n merkwaardige en gesellige aand saam met leiers, ikone en staatmakers in die wynbedryf – met ’n fynproewersete deur Simon’s Restaurant, bekroonde Groot Constantia-wyne en wêreldklasvermaak deur lede van die Libertaskoor.

Die geleentheid word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning en vennootskappe van Groot Constantia-landgoed, Die Burger, Standard Bank, Vinpro en die TOPS at SPAR Wine Show. Agri-Expo is die organiseerder.

Kaartjies vir hierdie spoggeleentheid (streng aandpak) kan bespreek word teen R800 per persoon. Tafelbesprekings van agt tot 10 persone is ook beskikbaar. Bel vir Razelle Galant by 021 975 4440 of stuur e-pos aan razelle@agriexpo.co.za om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.