Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Wyn van Wellington tops

’n Gehoute pinotage van Wellington Wyne is die afgelope naweek as die wenner van die gesogte Generaal Smuts-trofee vir die algehele SA kampioen-jongwyn vir 2018 gekroon.

Hierdie wenwyn van Wellington het vanjaar ook die trofee vir die SA pinotage-kampioen, net soos in 2017, by die skou ontvang.

Dit was die 186ste aanbieding van hierdie skou, die oudste van sy soort in die wêreld en die 67ste keer dat die Generaal Smuts-trofee aan die algehele wenwyn van die jaar toegeken is.

Oranjerivierkelders (ORC), Keimoes, het met die louere en die gesogte Pietman Hugo-trofee vir die hoogste aantal punte wat aan sy vyf beste inskrywings toegeken is, weggestap. Hierdie produsent het ook ’n driemalige SA kampioentrofee gewen. Hy het die SA sauvignon blanc-kampioen, SA kampioen ander witkultivar (colombar) en die SA kampioenwitmengsel (colombar/sauvignon blanc) geklop. Sy susterkelder, ORC Groblershoop, het die SA dessertwyn-kampioen (hanepoot jerepiko) gewen.

Bon Courage Estate van Robertson het met twee SA trofeë uitgeblink. Hy het die SA kampioen-trofee vir natuurlike soetwitwyn en SA Champion Noble-laatoes ontvang.

Witwyntrofeë is toegeken aan De Wetshof-landgoed, SA chardonnay-kampioen (beboste); Spierwyne, SA chenin blanc-kampioen (beboste) en La Motte, SA sebastillon-kampioen.

Wenners van die rooiwyn-trofeë was Babylonstoren, SA cabernet sauvignon-kampioen (beboste); Stellenbosch Hills, SA merlot-kampioen (beboste); Darling Cellars SA shiraz-kampioen (beboste); Le Bonheur-landgoed SA kampioen ander rooi kultivar (Petit Verdot – Bosbome) en KWV SA rooiversnit-kampioen (pinotage/cabernet sauvignon/Shiraz/Malbec-beboste).

De Krans-wyn het weggestap met die SA poortrofee-kampioen (vintage) en Slanghoek-wynkelder met die SA muskadel-kampioen (rooi muskadel, jerepigo).

Uit die 1 680 inskrywings was daar 17 Suid-Afrikaanse kampioentrofeë, 49 behaal klaswennerstatus en 99 goue medaljes.

Die voorsitter van die Jongwynskou, Christo Pienaar, het gesê die gehalte van die jong wyne wat beoordeel is, ondanks die moeilike jaar weens die droogte in die Wes-Kaap, was uitstekend. Hy was ook beïndruk dat die wenners van die SA kampioenwyne soveel van die wynproduserende gebiede verteenwoordig.

Die uitstaande wyne van die 2018-oesjaar is aangekondig by ’n gala-aandete aangebied deur Agri-Expo in die Stellenbosch-stadsaal.

Die SA Jongwynskou dateer uit 1833, toe dit vir die eerste keer deur die Kaap die Goeie Hoop-landbouvereniging (nou Agri-Expo) in Rondebosch gehou is. Agri-Expo was deur die jare die trotse aanbieder van dié kompetisie.
. Vir nog inligting besoek www.youngwineshow.co.za.
Besoek ook die Facebookblad (www.facebook.com/SouthAfricanYoungWineShow)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.