Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Wynoesskatting lyk goed

Genoegsame water en ’n matige rypwordings­periode het daartoe gelei dat die Suid-Afrikaanse wyndruifoes van 2020 ietwat groter as in 2019 kan wees, maar steeds kleiner as die langter­myngemiddelde.

Volgens die wynbedryf se inligtingsorganisasie, Sawis, het wynboere in 2019 ’n opbrengs van 1,244 miljoen ton gelewer en die gemiddelde oes oor die afgelope vyf jaar beloop 1,360 miljoen ton. Wingerdkundiges en kelders het die nuutste oesskatting middel Januarie ingedien nadat die eerste skatting in Desember uitgereik is.

Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se wingerdkundige konsultasiediens, het by die Nedbank Vinpro-inligtingsdag verlede week vertel dat die 2020-pars­seisoen oor die algemeen minstens ’n week vroeër begin het.

Redes vir die nuutste oesskatting sluit ’n verskeidenheid klimaatsfaktore in. “Blom en set was oor die algemeen goed en ’n verbetering op wat ons in die vorige seisoen gesien het. Genoegsame water en hitte het wingerdgroei bevorder en die wingerde se lowers is daartoe in staat om ’n goeie oes ryp te maak. Deurslaan was vroeg, vinnig en egalig,” sê Conrad.

Tot dusver is die somergroeitoestande oor die algemeen koel en gematig. Wynboere het vanjaar meer water beskikbaar as in die vorige seisoen, dus kan besproeiing gedurende die rypwordings­fase toegepas word indien nodig.

Conrad sê hoewel dinge in hierdie stadium meer rooskleurig daar uitsien vir die meeste streke, het die Noord-Kaapstreek grootskaalse rypskade ondervind, die Olifantsrivierstreek herstel steeds na die vorige jare se droogte en dele van die Klein Karoo gaan nog gebuk onder die voortslepende droogte. In hierdie streke word ondergemiddelde oeste verwag.

“Ons sien in die kelders wat reeds begin pars het, dat hulle goeie tonnemate afgehaal het, en dat die druiwe mooi kleur, hoë sure en lae pH’s het,” sê Conrad. Hy raai produsente aan om baie tyd gedurende parstyd in die wingerd deur te bring om trosmonsters te neem en grondwaterinhoud te monitor vir doeltreffende watertoediening.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.