Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Paarl hou weer jaarlikse loopbaanuitstalling

Die jaarlikse loopbaanuitstalling vir hoërskoolleerders is vanjaar Donderdag 1 en Vrydag 2 Februarie in die Paarl-stadsaal in Hoofstraat.

Dit is ’n wonderlike geleentheid vir leerders en hul ouers om meer inligting te oor verskeie opleidings­instansies en -geleenthede regoor die land te kry.

Die loopbaanuitstalling word deur die Kaapse Wynland-onderwysdistrik tesame met die Kaapse loopbaan­uitstallersvereniging aangebied.

Die graad 11- en 12-leerders kan die uitstalling Donderdag 1 en Vrydag 2 Februarie in die oggend besoek.

Die publiek, alle ouers en enige ander leerders word hartlik genooi om die uitstalling Donderdagmiddag 1 Februarie van 14:00 tot 16:00 te besoek.

Die instansies wil hierdie geleentheid gebruik om met ouers en kinders te gesels.

Moenie hierdie wonderlike en gratis geleentheid misloop nie – dit is dalk jou kans om die loopbaan van jou drome te ontdek!

. Bel Corneil Claassen by 021 860 1224 vir nog inligting oor die uitstalling.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.