Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
14-man-Roses klop Hamlet vir trofee

Roses United is weer Boland se Wit-Sentraal-streekkampioen.

Roses het Hamlet Saterdag op Newtonpark 36-22 geklop en sodoende sy plek in die Boland-top-12-uitklopronde verseker.

Die verdedigende Boland-kampioen het soos ’n stoomtrein afgeskop met Percy Williams (skrumskakel) wat in die tweede minuut agter die doellyn gaan kuier het.

Roses se voorspelers was in ’n verwoestende bui en het die besoekers van Ceres in die kontaksituasies asook die vaste fasette geboelie.

Keenan Abrahams en J.R. Hoffmeester (stutte) en Ashwell Williams (slot) se name verdien vermelding terwyl Cleeff Solomons (binnesenter) telkemale die Hamlet-verdedigingslinie aan flarde geskeur het.

Die grootste besprekingspunt van die wedstryd was egter die twee geelkaarte wat Percy Williams ná 30 minute gekry het. Williams is eers weens ’n oortreding by ’n losskrum gestraf en het toe ’n geelkaart gekry.

Toe Thurlow Marsh (kaptein) die skeidsregter se beslissing bevraagteken, is Williams se geelkaart op bisarre wyse na ’n rooikaart verander.

Johnwen Lewis (vleuel) het na skrumskakel geskuif en teen die verwagting in ’n goeie wedstryd in dié ongewone posisie beleef.

Roses het egter met slegs 14 spelers steeds die wedstryd beheer en van tyd tot tyd sprankelende hardlooprugby opgedis.

Volgens Franzel September, die direkteur van afrigting van Roses, was sy span hoogs gemotiveerd vir die wedstryd.

“Ons wou sommer van die afskop af ons stempel op die wedstryd afdruk. Percy het vroeg gaan druk en dit het die pas vir die wedstryd aangegee. Hamlet was in die eerste ronde baie arrogant op sy tuisveld en ons wou hulle vandag ’n les leer. Ongelukkig moes ons dit met 14 spelers probeer doen en dit het ’n demper op die wedstryd geplaas. Hoe minder ek oor die skeidsregter se beslissing sê, hoe beter,” het September gesê.

Roses speel Saterdag teen Hillcrest op KPUT.

Puntemakers: Drieë: Percy Williams, Oshlin Lewis, Larnelle Maralack, Kennedy Rorwanna, Denver Fortuin en El-Shaun Davids. Ryan Julies het drie doelskoppe oorgeskop.

*Volgens September gaan Roses appèl aanteken teen Williams se rooikaart. Die uitslag van die appèl was teen druktyd nog nie duidelik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.