Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Blues sink Simondium

Lower Paarl RFC (Blues) het Sater­dag in nat toestande hom goed van sy taak gekwyt en ’n baie goeie oorwinning oor Simondium op laasgenoemde se tuisveld behaal.

Die eindtelling van 16-13 vertel egter nie die ware weergawe van die spel nie. Blues het alle fasette van die spel oorheers. Die agttal was weereens op hul stukke en hiér is die grondslag vir die oorwinning gelê. Uren Adriaanse, Jonathan Heyns, Zhaan Aaron en Ayton Farrow het goed gespeel, terwyl Cameron Uren ook hard in die vastelos gewerk het. Die vurige flank, Jemma Klaasen, wat deesdae kookwater rugby speel, word met ’n skitterende drie beloon.

Rustyd loop Blues met 13-3 voor.

Agterlangs was die hantering bietjie moeilik met die nat bal en dit lei tot ’n paar hanteerfoute. ’n Strafskop vroeg in die tweede helfte het Blues se voorsprong na 16-3 gerek. Simondium kom druk egter ’n drie in die dood­snikke van die wedstryd om die telling bietjie beter te laat lyk.

Die tweede span het sy veldtog om sy titel te verdedig met ’n goeie oor­winning van 21-17 oor die tuisspan verseker. Blues druk drie drieë in die reënweer en ook hiér het die agttal goed vertoon met Lee Blaine aan die spits. Agterlangs is daar goed verdedig. Senter, Rowan Robertson, het telkemale sy span oor die voordeellyn met sy sterk lopies gehou.

Blues sal baie hard aan sy lynstane moet werk. Sy skrums was egter skitterend en dit baan die weg vir die oorwinning.

. Blues se derde span het vasgeval, maar daar is elke week ’n verbetering in die manne se spel. Saterdag het Blues ’n loslootjie met sy volgende ligawedstryd 16 Junie teen Violets op Dal Josafat-stadion.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.