Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Boishaai lag weer laaste

’n Fees van skoleatletiek is Woensdag 12 Februarie by die jaarlikse Prestige-atletiekbyeenkoms by die Daljosafat-stadion opgedis met Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Meisieskool Paarl wat as die gesamentlike wenners aangewys is.

Hoërskool Gimnasium Paarl was die gasheer van vanjaar se Prestige-atletiekbyeenkoms wat jaarliks tussen Boishaai, Girlshaai, Gimnasium, Paul Roos Gimnasium en Hoër Meisieskool Bloemhof plaasgevind het.

Dié jong atlete het omtrent gewoeker en is nie afgeskrik deur die bloedige hitte van bokant 40 °C nie. Inteendeel – altesaam 16 rekords is verbeter, waarvan 10 deur atlete van Paarl Gimnasium.

Die prysuitdeling ná die aksie op die baan het op interessante wyse begin toe Bloemhof, Paarl Gimnasium en Paul Roos se atlete met individuele pryse vereer is.

Girlshaai en Boishaai was nie in hierdie kategorie verteenwoordig nie en Paul Roos se leerders het dit beklemtoon met hul sangkreet: “Waar is Boishaai?”

Maar Boishaai kon later laaste lag toe hy saam met Girlshaai vir die tweede agtereenvolgende jaar met die Prestige-atletiektrofee weggestap het.

Boishaai en Girlshaai (894 punte) het die titel met slegs 14 punte voor die neus van Paarl Gimnasium (880) weggeraap, terwyl Bloemhof en Paul Roos gesamentlik 736 punte behaal het.

Daar was egter omstredenheid oor vanjaar se besluit omdat die paalspring-item nie punte getel het nie.

Paarl Post verneem dat Paarl Gimnasium deur die ander skole uitgestem is in die stryd om paalspring as deel van die puntetelling te behou.

Tóg wil die gashere nie die twispunt aanmoedig nie.

In ’n brief aan hul leerders se ouers skryf die skoolhoof, Eddie Bateman: “Die fokus moet op ons pragtige kinders en hul optrede wees; nie op die telbord nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.