Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Booysen groet op hoë noot

Saterdag kon rugbyliefhebbers weereens met trots rugby van goeie gehalte op Bombelapark in Wellington kyk.

Talle toeskouers oor die Boland heen het kom kyk hoe Newton’s (Bombelas) en Hillcrest United (Hillies) mekaar die stryd aansê. Die rugby wat opgelewer was in al drie wedstryde was weereens ’n bewys dat rugby in die dorp gesond is.

Die tuisspan het die besoekers vir die eerste 10 minute van die wedstryd onder geweldige druk met sy aanvallende spel geplaas. Die besoekers moes bontstaan op verdediging. Newton’s het eerste bloed geruik met ’n drie deur Keaton Booysen en verdoel deur Erwyn Williams. Kort daarna was dit 14-0 toe Newton’s weer met ’n onderskepdrie punte aanteken.

Hillies het uiteindelik ná 20 minute in die wedstryd begin rigting kry en het teruggekap met ’n drie deur kaptein Emile Booysen van ’n goeie lynstaan­beweging. Die wedstryd het gedraai na 14-5 in die guns van die tuisspan.

Hillies het die tweede helfte vinnig begin en binne 60 sekondes het Lesley Gertse gaan druk.

Swak dissipline deur die tuisspan het gesorg vir ’n geelkaart vroeg in die tweede helfte. Hillies het die situasie uitgebuit en die plaasvervanger Elton Fortuin het weer gaan druk en verdoel vir die besoekers.

Die besoekers het vir die eerste keer in die wedstryd die voortou geneem met 14-17.

Booysen het weer ’n barshou gespeel en van ’n skrum 55 m van die doellyn drie Newton’s-spelers plat gehardloop en onder die pale gaan kuier. Onmiddellik was die besoekers oorgehaal vir oorwinning met net vyf minute speeltyd oor.

Vir die besoekers het Lesley Gertse weer gaan druk en in die laaste sekonde van die wedstryd het die tuisspan ’n troosdrie gedruk. Hillies het koning met 27-21 gekraai.

Vir die besoekers het Geoffrey Allies, Terman-Lee Booysen, Marshall Afrika en Emile Booysen goed balgedra met Ryan Persense wat die lynstane oorheers het. Agterlangs het Elton Fortuin die tuisspan geteister met taktiese skoppe terwyl Lesley Gertse, Justin Willemse en Raylin Philander goed aangeval het.

Dit was ook ’n baie emosionele wedstryd vir Emile Booysen. Dit was sy laaste wedstryd as kaptein van Hillies. Booysen, wat ook twee wedstryde vir Boland-Kavaliers gespeel het in die SuperSport-uitdaagkompetisie, verhuis na die Weskus waar hy ’n nuwe loopbaan gaan begin.

Hillies pak komende Saterdag Evergreens op Boland-B en dit beloof om goeie rugby op te lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.