Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
David en Tjaart slaggereed vir Trans Agulhas-ren

David Barnet en Tjaart Oosthuizen staan bekend as die “Legendes van die See” en is oorgehaal om op nuwejaarsdag vir die 13de jaar as wenners van die uitmergelende Trans Agulhas-rubberbootwedvaart uit die stryd te tree.

Vanjaar is die 31ste keer wat die wêreld se moeilikste opblaasbootuitdaging tussen Plettenbergbaai en Strand van 28 Desember tot 1 Januarie beslis word.

Die ren begin Vrydag 28 Desember met Dag 1 van Plettenbergbaai tot Mosselbaai; 29 Desember is Dag 2 van Mosselbaai tot Stilbaai; 30 Desember is Dag 3 van Stilbaai tot Struisbaai, wat ook ’n nagwedvaart insluit, 31 Desember kom Dag 4 van Struisbaai tot Gansbaai aan die beurt en Dinsdag 1 Januarie 2019 is Dag 5 die laaste skof van Gansbaai tot Strand.

Tjaart en David is al vir sestien jaar spanmaats wat ’n rekord in dié kompetisie is.

David en Tjaart se paadjies het in 2002 gekruis toe hulle kragte saamgesnoer en hul eie span begin het. Hulle is in dieselfde jaar as Suid-Afrikaanse nasionale, Westelike Provinsie-, Trans Atlantic- en Trans Agulhas-kampioene gekroon.

Voorbereiding duur die hele jaar wat gimnasiumwerk insluit en baie tyd op die see in verskillende weersomstandighede behels.

Hulle oefen reg deur die jaar in die gimnasium met kardiovaskulêre en kragoefeninge en bring baie tyd op die see in verskillende weers- en seeomstandighede deur aangesien die Trans Agulhas ’n verskeidenheid weerspatrone kan inhou.

Dit is baie veeleisend hoewel hulle glo 90% van die bydrae tot hul sukses lê in hul fisieke sowel as geestelike voorbereiding, en drie maande voor die ren verskerp hulle alle oefeninge.

Kommunikasie en beplanning tussen die twee spanmaats is van kardinale belang en hulle glo dit is grotendeels die rede vir hul sukses in die sport.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.