Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Dis nou dalk neusie verby vir die Boland-Kavaliers

Die Boland-Kavaliers se Curriebeker-lot is nie meer in sy eie hande nie.

Dié span het Vrydagaand teen die SWD-Arende in George met 54-28 verloor en dis nou onwaarskynlik dat die Boland die halfeindronde sal haal.

Die besoekers was reeds met rustyd met die rug teen die muur met die Arende wat toe ’n stewige voorsprong van 36-7 opgebou het.

Die span van die Kavaliers is weer­eens getref deur griep en beserings en die afrigtingspan moes noodge­dwonge veranderings aanbring.

Randall Modiba (afrigter) wou dit nie as verskoning gebruik nie. “Ons was bietjie verlam deur siektes en beserings in die Curriebeker, maar aan die ander kant het dit ons toegelaat om verskeie spelers speelkans te gee. Ons is Vrydag gekniehalter deur drie onderskepdrieë en dis maar ’n bitter pil om te sluk. Krediet aan my manne wat bly veg het en spelers soos Tapiwa Tsomondo, Ludio Williams (flanke) en Valentino Wellman (vleuel) wat tans kookwater-rugby speel,” het ’n teleurgestelde Modiba gesê.

Vir Boland om deur te dring na die halfeindronde moet daar ’n reeks onwaarskynlikhede gebeur. Wat dinge vir die span vererger, is die feit dat hy reeds sy ligaverpligtinge voltooi het.

Die Arende, Valke en Luiperds het reeds hul plek in die laaste vier verseker en die enigste spanne wat nog kan kwalifiseer, is die Bulldogs en die Griffons wat Vrydag teen mekaar in Oos-Londen speel.

Nóg ’n doring in die vlees vir die Kavaliers is die Griffons wat slegs ’n punt agter die Kavaliers (15) in vyfde plek met 14 ligapunte is en die Bulldogs in die sesde posisie met 11 punte.

Die sakrekenaars sal slegs uitgehaal moet word indien die Bulldogs wen sonder om ’n bonuspunt te behaal, want dan sal dié span gelykop met Boland eindig op 15 punte; dis nou sou die Griffons óók nie enige bonuspunte uit die wedstryd kry nie.

. Drieë deur: Tsomondo (2) en Wayne Smith. Strafdoele: Elgar Watts (2), Damian Stevens (1) en doelskoppe deur Watts (1) en Jacquin Jansen (1).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.