Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Dis weer derbytyd in Drakenstein

Hierdie naweek sal heelparty skole in Drakenstein mekaar die stryd aansê met hul jaarlikse derbywedstryde.
In Franschhoek:
. Die Hoërskool Franschhoek speel teen die Hoërskool Tulbagh. Die hoofwedstryd word by die Hoërskool Fanschhoek gespeel en begin om 13:45.

Toegang is R10 vir volwasse­nes en voertuie en R5 vir leerders.
. Groendal Sekondêr speel sy derbywedstryd teen die Hoërskool Kylemore. Al die wedstryde vind by die Hoërskool Kylemore plaas. Die hoofwedstryd om 15:00 word voorafgegaan deur skaak, sokker, netbal en rugby. Die hekgeld is R20 vir volwassenes/leerders sonder skoolklere, R10 vir leerders in skooldrag en R10 vir motors.
In Paarl:
. Paulus Joubert Sekondêr draf uit teen die Hoërskool Noorder-Paarl. Die hoofwedstryd word gespeel om 16:00 by Faurestraat-stadion. Hekke open reeds om 09:00. Toegang kos R30 vir leerders en R40 vir volwassenes.

Ander wedstryde: 16 Augustus: 14:00: hokkie (Parys-velde), 14:00: netbal en sokker (Boy Louw). Vrydag 17 Augustus: 14:00, Big Brag (Noorder-Paarl Sekondêr). Saterdag 18 Augustus: rugby: Faurestraat-stadion: o.14 (10:00), o.15 (11:00), o.16 (12:00), o.19B (13:05), Oudstudente (14:10).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.