Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Draf saam vir gesondheid

Die Sanlam-Kaapstad-marathon word Sondag 15 September beslis en dit gee jou die geleentheid om nie net aan Afrika se enigste marathon met goue status van die IAAF deel te neem nie, maar terselfdertyd geld vir die Ithemba-stigting in te samel.

Ithemba is die enigste liefdadigheidsorganisasie vir geestesgesondheid wat by die marathon geaffilieer is.

Die marathon is een van die stad se mooiste wedlope, maar jy hoef nie ’n superatleet te wees om deel te neem nie. Jy kan ook aan die 10 km-vredesloop of -draf deelneem en dit om ’n baie goeie doel ondersteun.

Die marathon, wat verlede jaar meer as 23 000 atlete uit meer as 82 lande gelok het, het ’n verskeidenheid sosiale en omgewingspryse gewen.

Die Climate Neutral-groep het dit as klimaatneutrale marathon gesertifiseer en organiseerders het ook aansoek gedoen om platinumstatus van die IAAF.

Besoek www.capetownmarathon.com om in te skryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.