Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Engeland wink vir

Maxwell Fortuin, ’n leerder van Klein Nederburg Sekondêr, is gekies om in September saam met die Tony Stoops- o.18-rugbyspan in Engeland te gaan toer.

Vir die jong Maxwell van Smarty Town in Paarl-Oos, wat ’n gebrek aan sy linkerhand het, sal dit die eerste keer wees dat hy oorsee gaan toer.

’n Deposito van R7 500 moes voor 5 April betaal word en vir ’n oomblik het dit gelyk asof dit buite sy bereik was.

Maar, net toe dit lyk asof die geleentheid uit sy hande sou glip, is hulp ’n dag voordat die geld inbetaal moes word in die vorm van twee plaaslike broers, Davey en Gilbert de Kock, gestuur. Saam het die broers R10 000 aan hom geskenk om sy twee jaar lange droom moontlik te maak.

Davey het die Paarl-seun die afgelope twee jaar dopgehou en dit was die manier hoe hy, Maxwell, die bal dra, sy nederigheid teenoor die sport, dissipline en dat hy nie vrees vir sy opponent nie, wat uitgestaan het.

“Dit is ’n voorreg, veral vir my wat met ’n gebrek tussen bekwame spelers is. As ek kan uitstaan met so ’n gebrek sê dit baie van my talent.

“Verlede jaar toe ek nie gekies is nie, was ek baie teleurgesteld in myself, maar ek het nie daarin vasgekyk nie en besluit om hierdie jaar harder te werk. Toe ek die span haal, was dit nie eens vir my ’n verrassing nie,” sê Maxwell, wat hoop om die kultuur en die manier hoe hulle rugby speel, te leer in Engeland.

Sedert die begin van sy sportloopbaan, wat insluit atletiek en rugby, probeer hy altyd om sy ouers te verras met wat hy aanpak en hulle motiveer hom om ’n beter mens en sportman te wees.

Buiten sy passie vir rugby het hy ook goud gewen by die Boland Paralimpiese Kampioenskappe in die 200 m- verspring.

Davey hoop dat die talentvolle speler ’n provinsiale span sal haal en dat hy vir altyd ’n voorbeeld sal wees vir leerders by die skool en so ook in die gemeenskap.

(Oom) Tony Stoops is stigter van die Tony Stoops-rugbyfees wat jaarliks jong rugbyspelers kies om hulle ’n kans van ’n leeftyd te gee om oorsee te toer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.