Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ethan vier uitstekende seisoen

Hy hou sy dorp se naam hoog.

Ethan Williams (20) van die Paarl het ná afloop van die o.20-Curriebe­ker­ die prys gekry as die speler wat die meeste punte aangeteken het.

Hierdie kranige skrumskakel is ook deur die Griffons-rugby­unie met ’n klomp pryse by dié provinsie se onlangse prysuitdeling vereer.

Vir Ethan, of “Fidji”, soos hy bekend staan, is eindstryde glad nie iets vreemds nie. Hy het in 2017 in ’n eindstryd gespeel toe hy vir die Limpopo Bulle teen die Griffons uitgedraf het.

Hierdie jaar se eindstryd was teen die Pumas waar die Griffons met 53-6 gewen het en sodoende as die kampioenspan gekroon is en Fidji het ’n baie belangrike rol in dié oorwinning gespeel.

Buiten rugby het hy ook ’n groot liefde vir atletiek en het hy as 19-jarige die Boland-span vir 400 m gehaal.

Ethan se pa is ’n bekende polisiekaptein by Paarl-polisiekantoor, Mervin Harris, wat ook bekend is as die Paarl se Bloubul. Nie net is hy Boland se grootste Bloubul-ondersteuner nie, maar ook sy seun se grootste aanhanger.

Sy ma, Samantha, is ook ’n groot rugbyentoesias en probeer soveel as moontlik haar seun se wedstryde bywoon.

Ethan het sy skoolloopbaan by Laerskool Ebenezer in Paarl-Oos begin en sy hoërskoolloopbaan by New Orleans Sekondêr voltooi. Dié skool is ’n bekende voedingsbron vir verskeie rugbyklubs in die Paarl.

In die hoërskool in 2015 het hy die Boland-sewesspan verteenwoordig wat aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem het. Hy erken dat hy ’n voorliefde vir sewes het en sê dit sal moeilik wees om tussen sewes en 15-man-spel te kies.

Verlede jaar is Ethan ook genooi om proewe vir twee Portugal-klubs, Agronomia en Cascia, te speel.

Ethan vertel as hy nie besig is om sy skoppe te oefen nie, bring hy tyd saam met familie en vriende deur.

By sy huidige rugbyklub, Titans, ook in die Vrystaat, het hy hierdie jaar met die volgende pryse weggestap: meeste punte, meeste drieë van die jaar, spelers se speler van die jaar en jong speler van die jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.