Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Excelsior het nie kat se kans teen begeesterde Tiere

Young Peoples (Tiere) se eerste span het Saterdag die span van Excelsior met sewe paaltjies geklop in sy Boland-promosieligawedstryd by Dal Josafat-stadion.

Excelsior, wat eerste deur die Tiere ingestuur is, teken 144/10 in 44.3 beurte aan met slegs Yusuf Khan (26) wat enigsins weerstand bied.

Anwill Andrews (10-2-29-3), Lorenzo Jacobs (7.3-0-25-2) en Leswin du Plessis (7-0-27-2) is die manne wat verwoesting gesaai het met hul uitstekende boul­werk. Die Tiere verloor in hul kolfbeurt twee vroeë paaltjies toe Excelsior ont­slae raak van die openingskolwers.

Maar die ervare Lorenzo Jacobs (65*) en Bjorn Hollenbach (35*) kolf die wind uit die besoekers se seile en behaal die telling in die 31ste boulbeurt. • Komende naweek speel Young Peoples 1 teen Touwsrivier (weg), die tweede span speel in ’n baie belangrike 20/20 wedstryd teen Maties op Coetzenburg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.