Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
FRK skok toe hy Collegians klop

Die Franschhoek-rugbyklub het Saterdag (4 Mei) ’n rugbyskok gelewer toe hy die sterk Collegians-span van Kaapstad geklop het.

Die riller van ’n wedstryd is deur Franschhoek, die besoekers, 22-15 beklink en albei spanne het alles in die stryd gewerp om te wen.

Franschhoek se kaptein, Justin Morgan, het gesê die Kaapse wind het ’n groot rol in die spel gespeel en Collegians het in die eerste helfte die eerste punte op die telbord gesit.

Hoewel die wind soms moeilik geraak het, het Morgan die ondersteuners laat juig van die lekkerte toe hy kort voor halftyd agter die doellyn gaan kuier het vir ’n drie.

Die spanne het gaan water drink en voor die begin van die tweede helfte was dit vir Morgan nodig om hard met sy spanmaats te praat en hulle met harde woorde te motiveer om dissipline te toon. Dit was ’n uiters belangrike wedstryd vir Franschhoek om nie te verloor nie.

Franschhoek het ’n rooikaart in die 60ste minuut gekry en moes die wedstryd met een speler te min voltooi. Die manne in rooi en blou moes ook op ’n tydstip met net 13 man oorleef nadat een van sy spelers met ’n geelkaart koelkas toe is, maar volgens Justin het die span guts en deursettingsvermoë gewys om die oorwinning af te dwing.

Franschhoek het die belangrike bonuspuntoorwinning verseker met rotsvaste verdediging en sien daarna uit om sy eerste tuiswedstryd ná drie weke hierdie Saterdag op die Groendal-veld teen All Saints te speel. Die doelwit is om die stryd weereens met ’n bonuspunt te wen.

Puntemakers: Drieë: Justin Morgan (1), Diego Jacobs (1), Anthony Adonis (1). Doelskoppe: Willbur Boonzaaier (2). Skepdoele: Willbur Boonzaaier (1).

• Die afskop vir Saterdag se eerste wedstryd is 12:15. Hekgeld beloop R20 vir volwassenes, R10/R15 vir leerders en R15 vir motors.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.