Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Geskiedkundige rugbyreünie beplan

Twee-en-twintig streekunies van die destydse Saru hou binnekort ’n geskiedkundige reünie.

Dit is die eerste keer in 25 jaar dat daar ’n samekoms vir die destydse, nierassige Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) beplan word.

Dié rugbyunie was tydens apartheid ’n alternatief vir nie-wit rugbyspelers om tot op nasionale vlak mee te ding.

Die amptelike hereniging sal van 31 Maart tot 2 April onder die vaandel van die Saru/Sacos Legends-reünie in die Wellington-stadsaal geskied.

Volgens Jerry Seale, voormalige Saru-speler en lid van die reëlingskomitee, was lede van die publiek ook uitgenooi na Saterdag se verrigtinge wat omstreeks 14:00 begin het.

Die destydse Saru het aan die einde van apartheid in 1992 ontbind en met die Suid-Afrikaans Rugbyraad saamgesmelt.

Vandag staan die nuwe, geïntegreerde rugbyunie ook as Saru bekend.

Vir navrae, bel Jerry Seale by 082 955 2407.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.