Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hillcrest wen sewestoernooi

Saterdag 8 Februarie het Hillcrest United van Wellington bo 19 ander spanne uitgestyg om Evergreens se sewestoernooi op Evergreenspark in Noorder-Paarl te wen.

Rugbyondersteuners is deur die loop van die dag met vinnige, opwin­dende en aksiebelaaide sewesrugby vermaak.

Hillcrest United het weer eens gewys waarom hy so hoog aangeskryf word in sewesrugby.

Die Wellingtonners het eerste in Groep B geëindig en het met spanne soos Violets, Paarl, Vineyards 1, en Young Gardens afgereken.

In die eindstryd het Hillies teen Vineyards 2 gespeel.

Vineyards 2 was in Groep C saam met spanne soos Franschhoek, Laer Paarl, Busy Bees en Mbekweni. In dié groep het Vineyards 2 baie goed gespeel.

In die eindstryd was Hillcrest van die begin af in beheer.

Goeie samespel van die spelers het aan die span drie verdoelde drieë besorg. Die rustydtelling was 21-0 in Hillcrest se guns.

Vineyards 2 het met ’n goeie terugveg­poging gekom en 12 punte in die proses aangeteken. Dit het gelyk of Hillcrest die voet van die pedaal afgehaal het, maar rotsvaste verdediging het aan Hillies ’n oorwinning besorg.

Lesley Gertse en Ryan Persence van Hillcrest het veral ’n goeie toernooi beleef. Gertse is ook as speler van die toernooi aangewys.

Hillcrest wen die wedstryd met 21-12.

Hillcrest United se drieë is deur Curtley Swanepoel, Justin Willemse en Elton Fortuin gedruk. Fortuin het ook met al drie doelskoppe geslaag.

Vineyards 2 se drieë is deur Trevino Hefca en Xavier Mitchell gedruk en David Ayoob het met een doelskop geslaag.

Dié toernooi word jaarliks aangebied.

“Dit is ons vyfde toernooi sedert ons in 2016 met agt spanne begin het. Die toernooi groei jaarliks,” vertel Japie van Rooyen, voorsitter van Evergreens.

Hillcrest het met R8 000 na Wellington teruggekeer terwyl Vineyards 2 se troosprys R3 000 was.

Die res van die prysgeld het aan die derde plek se Young People’s (R1 200), vierde plek se Blue Stars (R800), die skildwenner, Busy Bees (R1 500) en die Paarl-rugbyklub (R500) behoort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.