Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ikoniese Boxing Day-fietsry lok talle

Fietsrygeesdriftiges kan uitsien na ’n skouspel Woensdag 26 Desember en meer as 5 000 toeskouers word verwag by die Faurestraat-stadion.

Die 121ste Boxing Day-fietsrybyeen­koms word deur Paarl-amateuratletiek- en fietsryklub aangebied. Die Drakenstein-munisipaliteit, Alpha Bodyworks en Kroff Cycles ondersteun ook dié wedren.

Die prysgeld vir dié dag beloop R100 000, wat dit die rykste baanwedren in Suid-Afrika maak. Die heel beste ryers in die land is hier om soveel moontlik van dié prysgeld te wen.

Dié byeenkoms word sedert 1897 aangebied, wat dit dan ook die oudste aaneenlopende baanbyeenkoms in die wêreld maak. Die internasionale beheerliggaam van fietsry, die Union Cycliste Internationale (UCI), sal vanjaar ’n verteen­woor­diger as waarnemer by die Boxing Day-fietsrybyeenkoms hê.

Die hoofwedren van die byeenkoms is die uitnodigings-wedren oor 25 myl. Buiten die goeie prysgeld ding die ryers ook mee om die Minnaar-beker wat al sedert 1912 aan die wenner oorhandig word, asook die titel om as die 25 myl-Boxing Day-wenner gekroon te word.

Die plaaslike toeskouers se gunstelingfietsryer is beslis Nolan Hoffman wat vanjaar weer die toeskouers op hul voete sal hê, maar Clint Hendricks, Jayde Julius, Graham Ockhuys, Stefan van Heerden, Evan Carstens, die Belg Rickaert Jonas en die man wat verlede jaar tweede was, David Maree, gaan beslis probeer om eerste oor die wenstreep te jaag.

Met bekende name gaan dit ’n uitmuntende wedren wees.

Die ander groot wedren wat enige fietsryer op Boxing Day wil wen, is die 1 myl-uitnodigingsren. Hiér gaan die spoedvrate van baanfietsry mekaar takel: Jean Smith, Bernard Esterhuizen en die baie vinnige Wade Theunissen moet hier as die gunstelinge beskou word.

Die junior ryers, Linwill Jansen en Mathew Fortuin, is top-fiks en kan die Elite-ryers harde bene laat kou.

Daar word ook wedrenne in die volgende ouderdomsgroepe aangebied: o.11 en o.13 saam, o.15 asook o.17.

Die o.15-ryers, Ethan Kulsen, Daniel Grobbelaar en Zackie Martin, wat tans as die beste in SA beskou word, sal ook deelneem.

Daar is ook wedrenne vir vroue sowel as veterane.

Die wedrenne vir die veterane lok elke jaar ’n groot groep ryers en die helde van weleer sorg altyd vir ’n baie opwindende ren.

Chrispin Fourie is tans goed fiks terwyl ryers soos Callie Greeff, Jaco Scholtz en Matthew Fergison sal sorg vir vuurwerke in dié afdeling.

Die byeenkoms begin om 12:30 en hekke open om 11:00.

Toegang na die hoofpaviljoen kos R50, alle ander toegang R30. Spur Paarl en Coke sal sorg dat almal se honger en dors geles is. Daar is ook gereël vir ’n verskaffer van Halaal-kos. Toeskouers moet daarop let dat geen gas- of braaitoestelle op die paviljoene toegelaat sal word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.