Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kavaliers buig die knie in Potch

Die Boland Kavaliers het Vrydagaand hul wedstryd in die Curriebeker-eersteliga teen die Luiperds in Potchefstroom 35-12 verloor.

Die Kavaliers was rustyd reeds met die rug teen die muur met die Luiperds 28-12 gerieflik voor.

Dit is in skrille kontras met hul vorige wedstryd teen die Oostelike Provinsie Olifante wat hulle maklik

70-12 (35-0) gewen het.

Volgens Randall Modiba, hoofafrigter van die Boland, het sy span onder ’n rits vreemde beslissings van die skeidsregter deurgeloop. “Dis nie ’n gewoonte van ons om te kla oor ’n skeidsregter nie, maar ons is deur die fluitjie gekortwiek. Dit, en die feit dat ons ’n hele paar nuwe manne in die groep het, het ons ritme versteur. Ons het egter in die tweede helfte teruggeveg en die name van Wayne Smit (plaasvervanger-binnesenter), Benardo Botha (vleuel) en Ralton October (reserwe-skrumskakel) verdien vermelding. Ons lynstaan was deurgaans goed,” het Modiba gesê toe hy oor die positiewe aspekte van die wedstryd gevra is.

Boland speel Saterdag teen die Border Bulldogs in Bredasdorp en sal gewis sy 100%-tuisrekord in stand wil hou.

Puntemakers: Kavaliers: Drieë deur Clemen Lewis (haker) en Tapiwa Tsomondo (flank) asook ’n doelskop deur Jacquin Jansen (losskakel).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.