Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kavaliers trek tande van Vrystaatse Cheetahs XV

Die Boland Kavaliers het Saterdag voortgebou op hul goeie begin van die SuperSport-rugby-uitdaagreeks vanjaar deur die Toyota Vrystaat Cheetahs XV in ’n opwindende kragmeting in Paternoster 21-10 af te stof.

Die Kavaliers het al sy punte in die eerste helfte van die wedstryd aangeteken danksy drie verdoelde drieë, wat aan die tuisspan ’n 21-0 rustyd-voorsprong besorg het.

Drieë deur die slot Adriaan Ludick, die flank Tapiwa Tsomondo en die binnesenter, Michaine Fick, het die grondslag gelê terwyl Boland se losskakel, Garrick Mattheus, al drie doelskoppe deur die pale gejaag het.

Die Cheetahs het in die tweede helfte ’n terugvegpoging aangewend, met drieë deur Jamba Ulengo en Boan Venter wat die besoekers se hoop op ’n oorwinning aan die lewe gehou het. Die Kavaliers het egter hard teruggeveg en uiteindelik ’n welverdiende sege behaal.

Met dié oorwinning beklee die Kavaliers tans die tweede posisie op die SuperSport-uitdaagreeks se suidelike punteleer (9 punte), met die Westelike Provinsie in die eerste posisie (10 punte).

Puntemakers:

Boland Kavaliers

Drieë: Adriaan Ludick, Tapiwa Tsomondo, Michain Fick.

Doele: Garrick Mattheus (3)

Vrystaat XV

Drieë: Jamba Ulengo, Boan Venter

* Die Boland Kavaliers se volgende wedstryd is op Saterdag 11 Mei teen die Grens Bulldogs te Oos-Londen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.