Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klop op die skouer vir ‘aanskoulike’ spel

Roses United het Saterdag sy buurman Hillcrest United in ’n aanskoulike Wellingtonse derby 32-25 op die Boland-stadion geklop.

Die wedstryd was van hoogstaande gehalte en albei spanne verdien ’n klop op die skouer vir ’n aanskoulike wedstryd wat voor ’n reuseskare gespeel is.

Hillies het vyf drieë teen Roses se vier gedruk, maar dit was die skopvoet van Roses se Keagan September (losskakel) wat die verskil tussen die twee spanne was. September het binne die bestek van vyf minute twee reusestrafdoele deur die pale gejaag nadat Hillcrest se Emilio Coetzee (vleuel) in die 11de minuut ’n onverdoelde drie gaan druk het.

Die derby is teen ’n baie vinnige pas gespeel en was met rustyd nog in die weegskaal met Roses wat 11-10 voor was. Harde woorde moes in die Roses-kleedkamer geval het, want dié spelers het daarna soos besetenes gespeel en sommer in die eerste minuut gaan druk.

Hillies verdien krediet vir die wyse waarop hy teruggeveg het nadat hy in ’n stadium 25-10 agter was. ’n Dylan Maart-drie met vyf minute oor het die telling op 25-25 te staan gebring. Elshaun Davids (plaasvervanger haker) se drie in die 78ste minuut was egter die spyker in Hillies se doodskis.

Puntemakers:

Roses: Drieë deur Percy Williams, Adrian Adriaanse, JR Hofmeester en Elshaun Davids. Keagan September het drie doelskoppe en twee strafdoele behaal.

Hillcrest: Drieë deur Emilio Coetzee, Jevan August, Ryan Persence, Geoffrey Allies en Dylan Maart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.